Crime report. Photo file
Crime report. Photo file

N$6 miljoen se dagga in vragmotor gevind

Nikanor Nangolo
Daar is verlede week in twee klopjagte op dwelms ter waarde van altesaam N$6,5 miljoen beslag gelê.

In die eerste voorval is ’n vragmotor met dagga wat 120 kilogram weeg, ter waarde van sowat N$6 miljoen, Dinsdag in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied onderskep tydens ’n intelligensie-geleide operasie deur die Namibiese polisie en die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA).

Luidens ’n gesamentlike verklaring wat Donderdag uitgereik is, het die vragmotor Namibië vanaf Suid-Afrika binnegekom. Drie Zimbabwiese burgers, onderskeidelik 54, 45 en 34 jaar oud, is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Intussen het amptenare Donderdag tydens nog ’n klopjag ’n vragmotor naby die Ariamsvlei-grenspos onderskep.

“Na ’n soektog is dagga wat 100,40 kilogram weeg, ter waarde van N$500 000, gevind. Die verdagte, ’n 55-jarige Suid-Afrikaner, is in hegtenis geneem en sal na verwagting [vandag] in die Karasburg-landdroshof verskyn,” lui die verklaring.

“Die polisie en NamRA bly daartoe verbind om die samelewing te beskerm deur die onwettige invoer en verspreiding van beheerde middels te voorkom.

“Hierdie operasies beklemtoon die deurslaggewende rol wat die twee instellings speel om ons samelewing teen die skadelike uitwerking van dwelms te beskerm.

“Die polisie en NamRA waardeer die publiek se samewerking in hierdie verband en prys die toegewyde amptenare vir hul vinnige en doeltreffende optrede.

“Ons doen ’n beroep op die publiek om waaksaam te bly en ons pogings te ondersteun deur enige verdagte aktiwiteite by wetstoepassingsagentskappe aan te meld.”

Hulle moedig burgers aan te voldoen aan die wette wat ontwerp is om die welstand van ons nasie te handhaaf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!