Nóg twee swartrenosters gestroop
Karkasse op private wildplase gevind
Een van die renosterkarkasse wat ontdek is, was dié van 'n dragtige koei.
Ellanie Smit
Twee swartrenosterkarkasse is onlangs in die Otjozondjudastreek ontdek, wat die totale aantal renosters wat vanjaar gestroop is op 41 te staan bring.
Hiervan was 26 swartrenosters.
Die twee karkasse is op twee verskillende private wildplase in die Otjituuo- en Otjiwarongo-gebiede ontdek. Die name van di֖é plase is egter nie bekend gemaak nie om hulle teen enige verdere stroperyvoorvalle te beskerm.
Volgens die polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, is een van die renosters, ‘n dragtige koei, gedurende Augustus op ‘n wildplaas in die Otjiwarongo-distrik geskiet.
Sy het gesê die verdagtes het die renoster met ‘n onbekende vuurwapen geskiet en albei horings met ‘n onbekende voorwerp afgekap.
Die waarde van dié renoster word op N$1 miljoen geraam omdat sy dragtig was.
In ‘n afsonderlike voorval is ‘n swartrenosterkoei op 22 Augustus gevind nadat sy op ‘n privaat plaas in die Grootfontein-distrik gestroop is.
Volgens Mbeha het die verdagtes in dié voorval ook die koei met ‘n onbekende vuurwapen geskiet en albei horings afgekap. Die waarde van dié renoster word op N$500 000 geraam.
Niemand is nog in verband met een van die voorvalle in hegtenis geneem nie, maar polisieondersoeke duur voort.
Verlede jaar is 44 renosters in Namibië gestroop teenoor die 42 in 2020. In 2019 is 57 gestroop, 83 in 2018 en 55 in 2017.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie