NWR
NWR

NWR-hoë in Ausblick aangeval

Ellanie Smit
Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts (NWR), Matthias Ngwangwama, is gisteroggend omstreeks 04:00 in die Auasblick-woonbuurt in Windhoek gevind nadat hy Woensdag omstreeks 19:00 vermis geraak het.

NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, het gesê rowers het sy selfoon en voertuig gesteel voor hulle op die vlug geslaan het.

“Hy het ligte beserings opgedoen. Hy is tans in die hospitaal en sterk aan.”

Luidens ’n polisieverslag het die 53-jarige Ngwangwama by die staproete naby ’n berg in die omgewing geoefen toe hy deur twee mans gewapen met messe genader is.

Hulle het hom glo vasgebind en beveel om sy besittings aan hulle te oorhandig. Hy het vir hulle die selfoon en voertuigsleutel gegee en hulle het in die bosse verdwyn, het die polisie gesê.

Hulle het sy selfoon en Mercedes-Benz gesteel, waarna Ngwangwama glo na die naaste pad gekruip het.

Volgens die polisie is hy daarna in die Rooms-Katolieke hospitaal opgeneem.

“Sy toestand is stabiel.”

Ashipala het bevestig dat die voertuig intussen in Katutura gevind is.

“Dr. Ngwangwama is tans in ’n stabiele toestand, en ons is dankbaar dat hy nie fisies beseer is nie. Ons versoek die publiek en media vriendelik om Ngwangwama en sy gesin se privaatheid gedurende hierdie moeilike tyd te respekteer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A