Outjo-bejaardes wreed aangeval
‘Sterk beide by die huis aan’
Die afgelope jare was daar talle aangemelde voorvalle in Namibië waar ouer mense in hul huise aangerand, beroof en vermoor is.
’n Bejaarde egpaar is die afgelope naweek wreed aangeval en beroof in hul huis op Outjo.
Twee jong mans, wat met skroewedraaiers gewapen was, het omstreeks 00:00 die egpaar se huis binnegedring. Volgens bronne het die mans na bewering die 71-jarige vrou probeer verwurg, en haar geslaan en gebyt. Die 75-jarige man, wat glo aan erge demensie ly, is oor die kop geslaan.
Volgens die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Kunenestreek, adjunkkommissaris Paavo Iyambo, is verskeie items uit die huis gesteel.
Volgens Iyambo is die egpaar ná die voorval na die hospitaal geneem en sterk albei tans tuis aan.
Volgens ’n bron het die egpaar twee kinders wat ook in die dorp woon en hulle is tans besig om hul ouers te versorg.
“Al twee is onder omstandighede oraait en terug by die huis,” het ’n ander bron gesê.
Die egpaar het beide op Outjo grootgeword en is bekende lede van die gemeenskap.
Iyambo het bevestig dat die polisie nog niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem het nie, maar hy het verseker dat die polisie se ondersoek steeds voortduur.
BEJAARDES ’N ‘TEIKEN’
Talle sake wat verband hou met die moord van en gewelddadige aanvalle op bejaardes, is die afgelope jare by die polisie aangemeld, waarvan sommige sake nog voor die hof hangend is.
* Sowat ’n jaar gelede is twee mans skuldig bevind aan die moord en aanranding van ’n bejaarde egpaar wat in 2017 in Swakopmund plaasgevind het.
Roswitha Strzelecki (79) is tydens ’n huisbraak verwurg en haar man, Siegfried Strzelecki (81), is aangerand. Siegfried is etlike dae ná die aanval aan ’n aneurisme dood. Die twee mans het ook die egpaar se huis beroof en is skuldig bevind op aanklag van roof met verswarende omstandighede.
* ’n Bejaarde egpaar, Giel (79) en Sarie Botma (80), is in 2018 op hul plaas sowat 5 km buite Koës, vermoor. Drie mans staan tereg op hul moorde in die hoërhof in Windhoek en hulle verhoor sal na verwagting vanjaar afgehandel word.
* Die 68-jarige boer, Armin Siegfried Riedel en sy vrou, Brunhild (66), is in Januarie 2018 op hul plaas Grünfeld in die omgewing van Gobabis vermoor waarna hul huis afgebrand is met hulle liggame steeds binne-in. Die twee beskuldigdes se verhoor is ook nog hangend in die hoërhof in Windhoek.
* ’n Drie-en-tagtigjarige vrou, Johanna Hendrihetta Simon, beter bekend as Rita, is in 2022 in haar huis op Mariental versmoor. Die verdagtes het glo by die agterdeur van Simon se huis in Aubstraat ingebreek en haar en haar huishulp met sykouse, stukke materiaal en kleefband vasgebind. Die huishulp het haar dood aangetref nadat die mans die huis verlaat het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie