Padveiligheid bly ’n prioriteit

Meer amptenare vanjaar ontplooi
Komm. Nikolaus Kupembona het beklemtoon dat alle paaie wat na die "pragtige Namibiese kus" lei, weer baie besig sal wees en druk verkeer sal ervaar.
Nikanor Nangolo,Elvira Hattingh
Nikanor Nangolo – Die fokus van vanjaar se padveiligheidsveldtog tydens die feesseisoen sal op roekelose en nalatige bestuur, dronkbestuur, onpadwaardige voertuie asook hoë spoed en onbedagsame padgebruik val.

So het die bevelvoerder van die Namibiese polisie in die Erongostreek, komm. Nikolaus Kupembona, die afgelope Vrydag tydens die amptelike opening van die Swakopmundse padblokkade vir die 2022-’23-feesseisoen gesê.

Terselfdertyd het die jaarlikse Kers-padveiligheidsveldtog vir die Erongostreek ook begin.

Kupembona het beklemtoon dat alle paaie wat na die “pragtige Namibiese kus” lei, weer baie besig sal wees en druk verkeer sal ervaar en het padgebruikers gewaarsku om wyse besluite te neem en sodoende ongelukke en sterftes op die paaie te voorkom.

Hy het gesê die polisie het opdrag gekry om meer verkeersbeamptes as gewoonlik na nasionale paaie tydens die feesseisoen te ontplooi, wat verkeersreëls en regulasies sal afdwing.

“Ek doen weer eens ’n beroep op alle padgebruikers om die wette te gehoorsaam, waaksaam te wees, by die spoedgrens te hou en ander voertuie op ’n veilige afstand te volg. Moenie ander voertuie op blinde kolle verbysteek nie, moenie drink en bestuur nie en maak seker jou voertuig is in ’n goeie toestand om te ry. Moenie ry as jy moeg is nie,” het hy gewaarsku.

“Padveiligheid is ’n gesamentlike verantwoordelikheid tussen verkeersbeamptes en alle padgebruikers. Laat ons dus die nodige stappe doen om ons verantwoordelikheid na te kom en nasionale paaie veiliger te maak.”

STATISTIEK

Volgens die ongelukstatistiek in die Erongostreek, het 280 ongelukke in 2021 in die streek voorgekom, teenoor 295 ongelukke vanjaar. Dit beteken ’n styging van 15% op ’n jaar-tot-jaar-basis.

Altesaam 40 sterftes is in 2021 op die streek se paaie aangeteken, teenoor 34 sterftes vanjaar – ’n daling van 6%.

Vanjaar se statistiek weerspieël egter net die tydperk vanaf 1 Januarie tot 27 November.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!