Pas in: Man word vermis
Die 40-jarige Damion van Reen het Saterdag op Gibeon vermis geraak.
Volgens Damion se broer, Simon, het hy Saterdag Wilfred Eiseb, die seun wat in Walvisbaai vermoor is, se begrafnis bygewoon.
Hy het na bewering ná die begrafnis oor die Visrivier – agter die begraafplaas – gestap om by ’n vriend te gaan kuier. Dit was tussen 12:00 en 13:00.
’n Tannie het water vir hom gegee en huis toe gestuur aangesien die vriend nie tuis was nie. Die vermoede bestaan dat hy in die verkeerde rigting gestap het.
Damion het ’n grys T-hemp, grys broek en swart All Star-tekkies aangehad.
“Daimion is bietjie verstandelik gestremd maar hy kan jou goed verstaan as jy met hom praat. My nommer is 081 217 9995.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie