No Image Caption

PAS IN: Twaalf mense in motorongeluk

Een persoon is Maandag oorlede ná die band van ‘n voertuig met 12 insittendes gebars en die pad verlaat het.

Die voertuig was van die Okahumbara-nedersetting in die Omatjete-area onderweg. Die ongeluk het omstreeks 18:50 sowat 2,5 km voor Karibib op die Omaruru-pad plaasgevind, het die bevelvoerder van gemeenskapdienste in Erongo, insp. Ileni Shapumba, bevestig.

‘n Saak van strafbare mansslag word ondersoek.

Juliana Katjinongo (44) is vermoedelik aan kopbeserings dood wat sy in die ongeluk opgedoen het. ‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word.

Volgens Shapumba wissel die ander passasiers se beserings van lig tot ernstig. Vier kinders jonger as tien jaar het ligte beserings opgedoen. Al die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na die staatshospitale op Omaruru en Usakos geneem.

Die bestuurder van die voertuig is 39 jaar oud.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!