polisie misdaad
polisie misdaad

Pasgeborene glo in emmer gelos

’n Vrou het die naweek na bewering haar pasgebore baba in ’n plastieksak binne-in ’n emmer in mahangulande in die informele nedersetting Oniimwandi gelos.

Sy het glo Vrydag omsteeks 12:00 in die lande geboorte geskenk en sonder die baba huis toe gekeer.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het haar huismaat daarna bloedvlekke opgemerk en haar daaroor uitgevra. Sy het toe glo erken dat sy die baba in die lande gelos het. Die vrou is in die hospitaal opgeneem en is volgens die verslag in ’n onstabiele toestand. Die baba se liggaam is na ’n hospitaal geneem en ’n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word.

SEUN DOODGESKOK

’n Twaalfjarige seun is na bewering die naweek in die informele nedersetting Herero op Okahandja doodgeskok nadat die sokkerbal waarmee hy en sy maats gespeel het glo op ’n huis se dak beland het.

Volgens die verslag het die seun op die huis se dak geklim en is doodgeskok deur kragbedrading op die dak.

VIER VERKRAGTINGS

Volgens die misdaadverslag is daar ook vier verkragtings die naweek aangemeld.

Twee twintigjarige vroue is na bewering verkrag – een in die informele nedersetting Oshiteyi in die Okahao-kiesafdeling en die ander in Oshetu op Okahandja. Die ander vermeende slagoffers is ’n 34-jarige vrou wat Vrydagaand in die informele nedersetting Ouranda naby Opuwo glo verkrag is en ’n 39-jarige vrou in die informele nedersetting Sauyemwa in die omgewing van Rundu.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!