Nelius Becker ontken bewerinsg dat hy betrokke was by die Phala Phala-sage. Foto argief
Nelius Becker ontken bewerinsg dat hy betrokke was by die Phala Phala-sage. Foto argief

Phala Phala-sage: Becker ontken enige betrokkenheid

‘Dit is belaglik, hy suig dit uit sy duim’
Paulus Ngalangi het verlede week op sosiale media aangekondig dat hy binnekort inligting sal bekend maak wat kommissaris Nelius Becker by die saak sal betrek.
Iréne-Mari van der Walt
Jemima Beukes – Kommissaris Nelius Becker het aantygings ontken dat hy een van die beskuldigdes in die Phala Phala-sage, Imanuwela David, gehelp het om Namibië onwettig binne te kom.

Die voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Fishcor, Paulus Ngalangi, wat in Junie 2020 saam met David in Windhoek in hegtenis geneem is, dreig om inligting oor Becker se beweerde betrokkenheid bekend te maak.

David het na bewering N$7 miljoen na Namibië gesmokkel toe hy op 12 Junie 2020 die Oranjerivier met ’n kano oorgesteek en die land onwettig binnegekom het.

Hy is twee dae later in Onafhanklikheidsrylaan in Windhoek in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die wet op immigrasiebeheer en die verontagsaming van Covid-19-inperkingsregulasies.

’n Vertroulike verslag wat Becker in Junie 2020 opgestel het, lui dat die meesterbrein agter die rooftog by die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa se wildsplaas, David, aan die polisie gesê het hy het ’n sindikaat wat glo mense tussen Suid-Afrika en Namibië smokkel, N$50 000 betaal om te help om die land binne te kom.

Die verslag meld ook dat Ngalangi vasgetrek is toe hy David glo by Noordoewer aan die Namibiese kant van die grens gaan haal het.

Ngalangi het egter verlede week op sosiale media aangekondig dat hy binnekort inligting sal bekend maak wat Becker by die saak sal betrek.

“Ten spyte daarvan dat ek aan ’n beproewing van vier jaar onderwerp is, wat gereelde reise na Noordoewer vereis vir ’n geringe immigrasiekwessie waarvoor ek geen verantwoordelikheid dra nie, het ek besluit om die waarheid agter ’n beduidende wangedrag bekend te maak.

“Ek sal binnekort demonstreer hoe die polisie die onwettige grensoorgang van Imanuwela David, ’n individu wat van die Phala Phala-rooftog beskuldig word, gefasiliteer het, wat hom in staat gestel het om al die pad Windhoek toe te reis, onder bevel van polisiekommissaris Nelius Becker.

“Ek sal die leuens wat destyds aan die media versprei is blootlê, die motiverings daaragter en Becker se onsuksesvolle pogings om sy onderdane teen vervolging te beskerm. Dit terwyl hy sy vinger in my rigting wys, tesame met talle ander noemenswaardige besonderhede, insluitend taktieke wat gebruik word om die finalisering van die hofsaak te vertraag.

“Ek is meer as siek en sat vir hierdie saak. Kommissaris Nelius Becker is welkom om geregtigheid in die howe te soek indien enige van my bewerings ongegrond is,” het Ngalangi verlede week op Facebook geplaas.

KOMMENTAAR

Becker, wat gister om kommentaar genader is, het gesê Ngalangi se jongste plasing is “volslae onsin” en dat hy nooit by David se saak betrokke was totdat hy reeds in Namibië in hegtenis geneem is nie.

“Ek was nooit by daardie persoon betrokke totdat hy in die land was nie. Polisiebeamptes het hom naby die Avani in hegtenis geneem.

“Ek is ingelig en ek het daardie inligting aan die inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga en ander betrokkenes deurgegee.

“Ek was die hoof van CID [die eenheid vir kriminele ondersoeke], so die saak is by my aangemeld. Ek het nooit iemand vervoer nie. Ek sal hom dagvaar.

“Dit is belaglik, hy suig dit uit sy duim. Ek sal hom beslis hof toe vat. Hy moet sy feite verifieer. Ek gaan nie in die motor na die grenspos spring om hom [David] op te laai nie.

“Ek sou nie so op grondvlak betrokke geraak het nie. Die inligting wat aan my gegee is, is deur polisiebronne verskaf,” het Becker gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Hollywoodbets Sharks XV 24 vs 18 Vodacom Bulls | Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Hollywoodbets Sharks XV 24 vs 18 Vodacom Bulls | Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007