No Image Caption

Plaaswerker erken glo hy kweek dagga

Francoise Steynberg
Ses uit die sewe beskuldigdes wat in verband met die onwettige besit van dagga op ’n plaas van ’n bekende Windhoekse sakeman by Rehoboth in hegtenis geneem is, is gister op borgtog vrygelaat.

Die sewe beskuldigdes is op 28 Junie op ’n plaas suid van Rehoboth naby die Klein Tsumis-landboukollege in hegtenis geneem. Die polisie het op altesaam 161 “daggabome” ter waarde van N$300 000 op die plaas van die sakeman en boerbokteler, die 29-jarige Xico Coetzee, beslag gelê.

Coetzee van Namboer Auctioneers in Windhoek is saam met die 34-jarige Martin Lotter, Bebeto Mouton (26), Simon Nghinaunye (38), Manfred Kalf (39), Andries Nowaseb (42) en ’n 17-jarige seun op sy plaas in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardapstreek, adjunkkommissaris Eric Clay, is die saak intelligensiegedrewe.

Die beskuldigdes het op 1 Julie hul eerste hofverskyning gemaak waartydens hulle borgtog geweier is.

Die saak is tot Maandag vir verdere ondersoek en borgtogaansoek uitgestel en het gister voortgeduur.

Volgens die bekende regsverteenwoordiger van Rehoboth, Winnie Christians is al die beskuldigdes gister borgtog toegestaan, behalwe Mouton.

“Hy het erken dat hy die dagga vir eie gebruik op die plaas geplant het,” het Christians aan Republikein gesê.

Die Windhoekse prokureur Petrie Theron het bevestig dat sy kliënte, Coetzee en Lotter, op borgtog van onderskeidelik N$15 000 en N$10 000 vrygelaat is.

Christians se kliënte Nghinaunye, Kalf en Nowaseb is op borgtog van N$2 000 elk vrygelaat.

“Die minderjarige is in die sorg van sy voog vrygelaat,” het Christians gesê.

Theron het bevestig al die medebeskuldigdes is werknemers van Coetzee, “behalwe een wat toevallig op die plaas was om vleis te kom koop. Dit is beslis ook nie daggabome nie, maar daggaplante wat nie groter as struike is nie”.

Landdros Sobozi Maloboka het die saak tot 17 September vir verdere ondersoek uitgestel. Antonio Kambako het vir die staat verskyn.

Intussen het die Namibiese polisie hul dwelmverslag vir Junie bekend gestel. Altesaam 112 verdagtes is in hegtenis geneem, van wie 106 Namibiërs is, twee elk Tanzaniese en Zimbabwiese burgers en een elk van Angola en Zambië. Die polisie het buiten dagga, ook 2 285 Mandrax-tablette en vyf eenhede kokaïen gekonfiskeer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 19° | 34° Tsumeb: 20° | 35° Otjiwarongo: 22° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 18° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:36, High tide: 12:59, Low Tide: 19:19, High tide: 01:45 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:34, High tide: 12:57, Low Tide: 19:17, High tide: 01:43 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 37km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:34, High tide: 12:56, Low Tide: 19:17, High tide: 01:42 Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 35° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 19° | 33° Ariamsvlei: 22° | 35° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 23° | 37° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 18° | 27° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 22° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 25° | 33° Lusaka: 17° | 24° Harare: 17° | 24° #VALUE! #VALUE!