Ismael Basson
Ismael Basson

Polisie bekommend oor verkragtings in Omasati

Bevelvoerder besoek kerk
Verskillende gevalle van die beweerde verkragting van minderjariges wat gelei het tot tienerswangerskappe, is onlangs in dié streek oopgevlek.
Tuyeimo Haidula
Sowat 87 verkragtingsake is sedert Januarie vanjaar in die Omasatistreek aangemeld.

In reaksie hierop beplan die polisiebevelvoerder in dié streek, Ismael Basson, om Sondag die Tsandi Elcin-kerk te besoek om die aantal verkragtingsvoorvalle in die streek aan te spreek deur met gemeenskapslede te vergader om bewusmaking te skep.

Inspekteur Anna Kunga het verduidelik Sondag se besoek het ten doel om gesinne aan te moedig om sake so gou moontlik aan te meld. Wanneer te veel tyd verloop, sê Kunga, is dit vir die polisie moeiliker om ondersoek in te stel.

'STRYD DUUR VOORT'

Die mees onlangse voorval wat skokgolwe oraloor die land gestuur het, is dié van 'n pastoor wat na bewering sy 15-jarige stiefdogter by die Ombongo-informele nedersetting in die Tsandi-kiesafdeling verkrag en swanger gemaak het. Die verdagte is tans op die vlug en is nog nie in hegtenis geneem nie. Die stiefdogter het twee maande gelede geboorte geskenk aan 'n babaseuntjie.

Basson het Dinsdag die publiek se hulp versoek om die pastoor te kry en in hegtenis te neem. Hy het gesê dat hy alles in sy vermoë sal doen om hom op te spoor.

Hy het ook ernstige kommer oor die groot aantal sake uitgespreek wat hom glo slapelose nagte gee, aangesien die polisie se pogings klaarblyklik tevergeefs is en baie meer gedoen moet word.

Basson het gesê dit is 'n teleurstelling dat minderjarige seuns en meisies nie veilig in die streek is nie. Volgens hom gaan daar skaars 'n week verby sonder dat 'n verkragtingsaak aangemeld word.

Basson sê die dade word meestal gepleeg deur "pa's, ooms en ander manlike lede".

"Hulle is veronderstel om die beskermengele van hierdie seuns en meisies te wees. Dit gee my slapelose nagte, maar ek sal nie opgee nie. Die stryd sal voortduur,” het hy gesê en die media versoek om saam met hom die “geveg” aan te pak.

Basson het verder gesê wanneer dit by verkragting kom, is dit nie nodig vir 'n ondersoek nie, veral waar minderjariges betrokke is.

“Wees verseker dat my handskoene af is. Daar is geen genade nie,” het Basson beklemtoon.

ANDER SAKE

Die polisie het verlede week 'n 44-jarige skoolhoof in hegtenis geneem, omdat hy na bewering sy eie 14-jarige dogter verkrag en swanger gemaak het.

Die voorval het by die Oshikushashipya-informele nedersetting in die Etayi-kiesafdeling plaasgevind en is oopgevlek nadat die meisie ontdek het sy is swanger. Die ma van die kind het die voorval by die polisie aangemeld.

Verlede Maandag is 'n 17-jarige meisie van die steek na bewering deur haar oom by die Omakuva- informele nedersetting in Onesi-kiesafdeling verkrag. Dié saak is ook aangemeld, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens die polisie word daar beweer dat die verdagte omstreeks 23:00 by die slagoffer se slaapkamer ingesluip het terwyl sy geslaap het. Hy moet nog in hegtenis geneem word.

Basson het gesê daar is geen tydsbeperking vir wanneer individue verkragtingsake kan aanmeld nie, maar het beklemtoon hoe vroeër hoe beter.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!