Polisie kommer oor moorde in Swakopmund
Die polisie in die Erongostreek het 'n dringende openbare vergadering vir vandag op Swakopmund belê, nadat twee moorde die afgelope twee naweke op die kusdorp gepleeg is.
“Dit is baie ontstellend en kommerwekkend, aangesien naweke donker tydperke vir Mondesa word," het die polisie se woordvoerder vir die streek, hoofinsp. Ileni Shapumba, gesê.
Die vergadering vind om 17:30 by die Multipurpose Hall in Swakopmund plaas en word gehou as deel van die polisie se poging om meer inligting te kry oor die probleme wat bydra tot misdaad en om areas te identifiseer dit gereeld gepleeg word.
"Ons doen 'n beroep op al ons gemeenskappe om die vergadering by te woon wat kwessies rakende misdaad sal bespreek en ook voorkomende maatreëls sal bespreek," het hy verder gesê.
Hy het die publiek ook gevra om die polisie in hul ondersoeke te ondersteun en om kalm te bly en saam met hulle te werk om wet en orde te handhaaf en openbare veiligheid te verbeter.
MOORDE
Een van die twee voorvalle het Sondag omstreeks 3:30 in die Tamariskia-woonbuurt plaasgevind. Die 23-jarige slagoffer is in sy bors gesteek ná ’n voorval buite ’n kuierplek.
’n Groep mense het glo ’n taxi begin omring wat in die parkeerarea in Fransiska van Neelstraat gestaan het. Die bestuurder het glo uit die taxi geklim om die mense te stop, uit vrees dat hulle die motor sou beskadig.
Shapumba het verduidelik dat die groep in die proses klippe na die voorruit van die motor gegooi het.
“Die oorledene het die motor na veiligheid geskuif. Die verdagtes, wat hom agterna gesit het, het die slagoffer gesteek en sy dood veroorsaak.”
Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die oorledene in die middel van die bors met 'n onbekende voorwerp gesteek is. Hy het 'n diep snywond opgedoen.
Die oorledene is geïdentifiseer as Angolo John Matokolo (23), en sy naasbestaandes is in kennis gestel.
“Drie verdagtes is in dié saak in hegtenis geneem en die polisie se ondersoek duur voort.”
NOG ’N MAN DOOD
’n 29-jarige man is Sondag, 16 Junie doodgemaak nadat hy sy meisie na die DRK-informele nedersetting vergesel het.
Fimaneka Katjatako het saam met 'n vriend teruggestap huis toe toe hy deur twee mans gekonfronteer is wat geëis het om met hom te praat. Die oorledene het na bewering geweier, wat gelei het tot 'n bakleiery tussen die slagoffer en die verdagte.
“Die persoon wat saam met die verdagte geloop het, het probeer om die bakleiery te stop. In die proses het die verdagte ’n skerp voorwerp uitgehaal en die slagoffer een keer op die bors naby die nek gesteek en ’n baie diep wond veroorsaak,” het Shapumba destyds gesê.
Die verdagtes het na bewering van die toneel gevlug waarna Katjatako sowat 50 m na die naaste inwoner gestruikel en op sy maag neergeval het. Hy is op die toneel dood.
Volgens Shapumba is 'n 23-jarige verdagte intussen aan die polisie in Swakopmund oorgegee.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie