Adj.komm. Kauna Shikwambi Foto Tanja Bause
Adj.komm. Kauna Shikwambi Foto Tanja Bause

Polisie ontken beweerde ongerymdhede op Aranos

Iréne-Mari van der Walt
“Verhoorafwagtende gevangenes ontvang drie maaltye per dag. Die Aranos-polisiekantoor het sy voedselvoorraad ontvang en dit is genoeg om die gevangenes te voed. Mieliepap vorm wel deel van die stapelvoedsel wat hulle elke oggend ontvang. Daar word ook landswyd voorsiening gemaak vir familielede om kos vir gevangenes te neem.”

So het die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, onlangs gereageer op aantygings dat verhoorafwagtendes by die polisieselle op Aranos so min as een maaltyd per dag ontvang.

Volgens ’n anonieme bron word familielede aangeraai om kos vir gevangenes te bring, maar dat die gevangenes andersins slegs mieliepap ontvang.

Die bron sê ’n familielid vertel uit die tronk oor die toestande waaronder die gevangenes aangehou word.

“Middae is daar niks nie en die pap wat hulle kry is ook nie genoeg nie – (die familielid/gevangene) sê as hulle in die oggende pap gekry het, sal hulle dieselfde pap weer vanaand eet. Dis net ’n paar lepeltjies pap; so dit wat hulle kry, is nie naastenby genoeg nie," het die bron aan Republikein gesê.

Shikwambi het alle aantygings ontken.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!