Polisieman gewaar Mostert toe hy ryloop
Kort nadat twee polisiebeamptes van Noordoewer na bewering verlede week gehelp het om die voortvlugtige mnr. Rooies (Walter) Mostert die land in te smokkel, het sy kierangs gebraai toe ’n ander, opmerksame polisiebeampte hom naby Noordoewer sien ryloop het.
Die bevelvoerder van die polisie in die ||Kharasstreek, komm. David Indongo, sê ondersoek gaan ingestel word na die gebeure Woensdag op dié oewerdorp aan die Oranjerivier toe twee polisiebeamptes glo dié oudlanddros gehelp het om ongesiens vanaf Suid-Afrika die land binne te kom.
Mostert het op 5 November verlede jaar uit die mediese sentrum by die Auas Hills-aftreeoord in Windhoek ontsnap waar hy onder polisiebewaking aangehou is. Woensdag was die tweede keer dat hy ongesiens probeer het om terug te keer na Namibië nadat hy uit die land gevlug het om vervolging vry te spring.
Die vermeende gebeure verlede week op Noordoewer klink soos tonele uit die draaiboek van ‘n Hollywood-fliek.
Indongo sê een van die polisiebeamptes het Mostert Woensdag na bewering vir ‘n tyd in sy kamer versteek. Toe sy kollega om tienuur die aand van diens af kom, het hulle eers die kollega se voertuig gaan haal, waarna hulle ná middernag vir Mostert by ‘n lodge gaan inboek het.
Indongo sê hulle het hom glo sesuur Donderdagoggend weer by die lodge opgelaai.
“Hulle het volgens inligting met hom 20 km uit Noordoewer gery en hom langs die B1-hoofpad afgelaai sodat hy verder kon ryloop,” het Indongo aan Republikein gesê, en bygevoeg die presiese gebeure sal deel uitmaak van 'n interne ondersoek deur die polisie teen die twee beamptes.
Nie lank nadat hulle hom afgelaai het nie, het ’n polisiebeampte wat vanaf Noordoewer af na Keetmanshoop onderweg was, by hom verbygery waar hy langs die pad ryloop.
“Die beampte het verbygery, maar die grenspos gekontak en laat weet hy het Mostert gewaar,” sê Indongo. Volgens hom het die polisie ’n foto van hom as ’n gesoekte peroon versprei en daarom het die polisiebeampte hom herken toe hy hom langs die pad gewaar.
Indongo sê ’n polisieman en immigrasiebeampte het toe van Noordoewer af gery en hom langs die pad in hegtenis geneem.
Dit was tussen 10:00 en 11:00 Donderdagoggend.
Hy sê dit blyk Mostert is Woensdag op Vioolsdrift (aan die Suid-Afrikaanse kant van die rivier) opgemerk.
“Ons ondersoek nog dit saak, maar dit is moontlik dat iemand daar hom gehelp het om oor die grens te kom,” sê hy.
Dit is nie bekend of Mostert na Windhoek of elders in die land wou ryloop nie.
Hy het Vrydagoggend vlugtig in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn, waarna hy deur die polisie na Windhoek gebring is, sê Indongo. Hy sal môre in die landdroshof in Windhoek verskyn.
Dié 62-jarige voormalige nasionale rugbyspeler staan tereg op 29 klagte wat verband met die verkryging van onwettige geboortesertifikate, identiteitsdokumente en paspoorte, afpersing asook bedrog.
Hy is verlede jaar op 1 Mei naby Tses deur die polisie by ‘n padblokkade aangekeer nadat iemand hom op Keetmanshoop herken het en die owerhede in kennis gestel het.
’n Windhoekse polisiebeampte is aangekla nadat Mostert in November verlede jaar ontsnap het.
Insp. Reinhold Nenkavu (51) is in hegtenis geneem nadat Mostert kort nadat hy ná ’n hofverskyning na die mediese sentrum vervoer is, uit aanhouding ontsnap het. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie