Rehoboth kry nuwe dwelmeenheid

Middelemisbruik dra by tot ander misdade
Die Rehoboth-dorpsraad werk saam met die Namibiese polisie om dwelmhandel en -misbruik in die streek hok te slaan.
Kristien Kruger
Jemimah Ndebele – Ná jare se pogings om die oorhand te kry in die oorlog teen dwelmmisbruik in dié dorp, het Rehoboth se dorpsraad en die Namibiese polisie (Nampol) besluit om kragte saam te span. Gevolglik is 'n dwelmeenheid gevestig en die dorp het verklaar dat geen dwelmmisbruik meer geduld sal word nie.

Die raad het 'n kantoor beskikbaar gestel vir die eenheid om te gebruik in hul poging om die dwelmprobleem hok te slaan en tydens 'n onlangse geleentheid het Rehoboth se burgemeester, Amanda Groenewaldt, 'n sleutel na dié kantoor aan die inspekteur-generaal van Nampol, lt.genl. Joseph Shikongo, oorhandig.

“Volgens die streek se misdaadstatistieke vir 2021-‘22 het die misdaadsyfer op 46% gestaan. Drank- en dwelmmisbruik is geïdentifiseer as die hoof bydraende faktore tot misdade soos aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer en verkragting. Boonop is ander ernstige misdade soos huisbraak met die doel om te steel, diefstal en rooftogte ook kommerwekkend. Dit is bewys dat dwelmverslaafdes hierdie tipe misdade pleeg vir finansiële gewin om hul verslawing te onderhou.”

SAMEWERKING

Shikongo het tydens die geleentheid die belangrikheid van samewerking beklemtoon en 'n beroep op die gemeenskap gedoen om inligting te verskaf wat sal help om dwelmverwante misdade uit te skakel. Hy het belowe om seker te maak die kantoor het elke nodige hulpbron tot hul beskikking.

"Ons het te doen met landswye georganiseerde misdaad en dit is 'n ernstige problem - nie net in Namibië nie, maar regoor die wêreld. Die vestiging van die kantoor vir die dwelmeenheid in Rehoboth is 'n belangrike mylpaal in ons stryd teen dwelmverwante misdade in die streek," het hy verder gesê.

Groenewaldt het ook haar dankbaarheid teenoor Nampol uitgespreek oor hulle die nodige stappe gedoen het en die dwelmeenheid in Rehoboth 'n werklikheid gemaak het.

"Dit kon nie op 'n beter tydstip gekom het nie, want dwelmhandel en -misbruik bly 'n doring in die vlees van elke huishouding wat daagliks met die verwoestende gevolge daarvan moet saamleef," het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!