renoster in gras
renoster in gras

'Renosterstroper' glo ’n ou vabond

Familielid ken liggame uit
Die twee verdagtes is op Werkersdag by Scorpionbelt aan die westekant binne die Etosha Nasionale Park doodgeskiet.
Francoise Steynberg
Een van die twee vermeende renosterstropers wat onlangs in die Etosha Nasionale Park deur lede van die teenstropingseenheid doodgeskiet is, was op borgtog vrygelaat nadat hy twee keer vir renosterstropery in hegtenis geneem is.

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het ’n familielid die liggame van die twee verdagtes uitgeken, wat bevestig het dat dié twee ook verwant is.

Die oorledenes is die 29-jarige Iishulu (Uhulu) Johannes en Mashuna (Kashanu) Timoteus (39) – beide van die Iitapa-nedersetting in die Omusatistreek.

Volgens Shikwambi het Timoteus geen sake aanhangig teen hom nie, maar Johannes was op borgtog vrygelaat met vier aanklagte teen hom op Okahao. Twee van die aanklagte is in verband met renosterstropery in Augustus en Oktober 2020, een van huisbraak en diefstal in dieselfde jaar, asook ’n klag van aanranding in 2017 met die bedoeling om ernstig te beseer.

Lede van die teenstropingseenheid het die twee verdagtes op Werkersdag by Scorpionbelt aan die westekant binne Etosha doodgeskiet.

Volgens Nampol het die lede verbonde aan die teenstropingsoperasie in Etosha tussen 12:00 en 13:00 op 1 Mei tydens hul patrollies voetspore langs die park se heining opgemerk.

Die lede het toe die voetspore tot by ’n watergat gevolg waar renosters altyd water drink. Toe die stropers agterkom hulle word agtervolg, het hulle glo op die lede van die teenstropingseenheid losgebrand. Dit het na bewering tot ’n heen en weer skietery gelei en die vermeende stropers is doodgeskiet.

Volgens Nampol was die stropers met twee jaggewere gewapen.

Etosha is die brandpunt van renosterstropery in die land met die meerderheid van gestroopte renosters wat in dié vlagskippark voorkom.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, is 38 renosters al vanjaar in Namibië gestroop.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!