Twee grumoorde het dié week die gemeenskap van Dordabis in die Khomasstreek geruk. Foto argief
Twee grumoorde het dié week die gemeenskap van Dordabis in die Khomasstreek geruk. Foto argief

Selfdood volg op dubbele moord

Augetto Graig
Michael Simaneka Martin (30) het homself gister omstreeks 07:00 om die lewe gebring nadat beamptes van die Namibiese polisie (Nampol) hom in Eheke op Oshikweyo in die Oshanastreek opgespoor het.

Volgens die polisie se verslag het die beamptes by sy woning opgedaag en het hy homself voor die polisie en sy familielede doodgeskiet.

Die polisie was op Martin se spoor nadat hulle Dinsdagoggend op die oorskot van Visser Bock (22) en Albertus Bock (30) op die plaas Josephine in die Dordabis-distrik van die Khomasstreek afgekom het.

Die gru-ontdekking is gemaak nadat die plaaseienaar, ’n afgetrede regter, die polisie se hulp ingeroep het. Die polisie het, volgens die verslag, ondersoek ingestel en die twee liggame in aparte kamers op die plaas gevind.

Die oudregter het die polisie gebel ná hy glo ’n oproep van ’n plaaswerker ontvang het om hom in te lig dat die plaas beroof word.

Die werker het glo gesê ses gewapende mans het die plaas bestorm en op die kluis se kode aangedring. Die eienaar het geweier om die kode te verskaf, volgens Nampol.

Met die polisie en die eienaar se aankoms op die plaas Dinsdagoggend, het hulle op die twee mans, elkeen met skietwonde aan die kop, afgekom.

Verdere ondersoeke het na bewering daarop gedui dat die liggame reeds in ’n gevorderde stadium van ontbinding was.

Die polisie vermoed glo dat Martin die oproep gemaak het, en hy al reeds drie dae vantevore die plaas verlaat het. Die oproep is glo nie vanaf dieselfde streek gemaak nie.

Die eienaar het die liggame as dié van sy plaaswerkers geïdentifiseer. ’n Voertuig, twee vuurwapens en ammunisie is ook as gesteel aangemeld.

Die voertuig, ’n Toyota Land Cruiser, is gisteroggend naby aan Martin se woning gevind.

Die polisie se hoofwoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het gister bevestig die vuurwapen waarmee Martin homself geskiet het is een van die gesteelde wapens.

Die polisieondersoek duur voort.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!