Ses perde in drie dae gesteel, geslag

Kristien Kruger
Ses perde is die tydperk van drie dae van ’n plaas naby Witvlei gesteel en geslag.

Twee mans is reeds in verband met die diefstal Donderdag in hegtenis geneem en het Vrydag in die landdroshof op die dorp verskyn.

Een van die beskuldigdes was ’n werker op die plaas.

Volgens die eienaars van die plaas, Jannie en Judie Wiese, is die perde gewoonlik naby aan die huis, maar met die min wyding op die oomblik, was die perde gedwing om verder van die huis te wy.

Volgens Judie het hulle op die slagplek van vier van hulle teëlmerries afgekom, met net hulle koppe, bene en ’n fetus wat oor was.

Nadat hulle die mans opgespoor het, het die mans gesê dat hulle ook twee ander perde gesteel en geslag het.

Volgens Jodie is dit groot probleem, nie die mense wat die perde steel en slag nie, maar die "middelman".

"Die groot skelms is die ouens wat die vleis koop en daarmee Windhoek toe ry om dit te verkoop," het sy Vrydag aan Republikein gesê.

Volgens haar was die polisie reeds vrydag op die spoor gewees van die mense wat na verwagting die vleis by die twee beskuldigdes gekoop het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!