Stropers loop 60 km vir gemsbok
Wildsyfers kwyn onder aanslag
Wildstropers slaan opnuut toe in die Omatjette-omgewing en veediewe slag 'n tweede stoetbul by 'n Grootfonteinse beesboer.
’n Boer en verskeie plaaswerkers in die Omatjette-omgewing moes die afgelope naweek die handdoek ingooi nadat hulle vir langer as tien ure tevergeefs op die spoor van gemsbokstropers was.
Die stropers het na raming minstens 60 km geloop om een gemsbok te slag.
Volgens die boer op wie se plaas geslag is, is daar so ver gestap omdat daar moontlik nie meer wild op nabygeleë plase oor is nie.
In nog ’n geval het veediewe ook minder as ’n week gelede ’n Braunvieh-stoetbul, wat aan Poen Brink behoort, in die Grootfontein-omgewing geslag. Dit volg nadat veediewe kort vantevore ook een van sy Brahman-stoetbulle geslag het.
GEMSBOK
“Hulle sal dalk ’n paar weke wegbly, maar hulle sal weer kom om wild te slag,” het Barend Janse van Rensburg uit die Omatjette-omgewing aan Republikein gesê.
Die diewe het die ouer, dragtige gemsbokkoei vroeg Saterdagoggend op Janse van Rensburg se plaas gestroop, met die stropers en hul honde se spore wat ook oor verskeie van sy buurplase gelê het. Dit was duidelik dat daar gereeld en al lank in die omgewing gejag word.
Hy het aanvanklik gereageer op oproepe van buurplase dat blaffende honde Saterdag omstreeks 01:30 honde gehoor is.
“Dit is nooit ’n goeie teken nie, want dit beteken wilddiewe wat skelm jag,” het hy gesê. Hy het toe ook oorblyfsels van die gemsbokkoei gevind in die hoek van sy plaas waar dit aan drie ander plase grens.
“Daar was nie veel oor nie – net die longe wat in ’n bos hang, die gemsbok se kop, die inhoud van die pens en die fetus wat onder ’n bos ingegooi is,” sê hy.
“Die verlies van een gemsbok is nie net meetbaar aan die vleis nie, maar ook aan die trofeewaarde van die dier – saam is dit ongeveer N$12 000,” het hy gesê.
DESPERAAT
“Hierdie mense is desperaat. Van waar hulle die gemsbok op my plaas geslag het tot waar hulle weer terug na die kommunale gebied is, is omtrent 20 km in ’n reguit lyn. Dit wil sê dat hulle minstens 60 km geloop het om ’n gemsbok te slag en die vleis terug te dra tot waar hulle bly.
“Hulle doen groot moeite – hulle was ten minste ’n hele nag en dag in die veld, heeltyd besig om te jag en dan die buit terug te dra.”
Janse van Rensburg sê dit is die eerste keer dat stropers so ver kom om op sy plaas te kom slag.
“Ek is seker daarvan dit is omdat daar nie meer wild op die ander plase is nie. Baie van die boere wat nader aan die kommunale gebied is, gaan groot uitgawes aan om die diewe van hulle grond af te hou.
“So word hulle dan na ander plase gedwing. Dit is nie net die verlies aan wild wat hartverskeurend is nie, maar daar word baie geld aan sekuriteit en veiligheid op plase bestee. Die gemeenskap offer ook baie van hul tyd op wanneer daar so ’n voorval is.
“In die geval van die gemsbok het ons met drie voertuie en 14 werkers agter die diewe aangery,” het hy vertel.
GETALLE KWYN
Janse van Rensburg sê in hul omgewing is ’n fraksie van die wild oor in vergelyking met 15 jaar gelede.
“Ek sidder om te dink hoe dit oor 15 jaar van nou af sal wees. Daar sal geen wild meer oor wees nie. Dit is baie hartseer, want die wild is vir ons almal ’n erfdeel en ’n toeriste-aantreklikheid,” het hy gesê.
“Nogtans is dit ’n riem onder die hart om te weet dat daar altyd hulp en samewerking is uit die gemeenskap waarin ek myself bevind. Selfs ons werksmense wat help om hierdie skelms te probeer vang, word self ook deur diefstal geraak. Baie van hulle eie vee word in die kommunale gebiede gesteel.
“As hierdie wilddiewe nie gevang word en swaar vonnisse opgelê word nie, sal dit nooit eindig nie. Die omvang van vee- en veral wilddiefstal kring al hoe wyer uit,” het Janse van Rensburg gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie