Stropery: 106 dié jaar gearresteer
Meerderheid verdagtes is Namibiërs
Van hierdie 106 is 44 vir renosterstropery en 62 verdagtes vir olifantstropery in hegtenis geneem.
Ellanie Smit – Altesaam 106 verdagtes is vanjaar vir stropery in hegtenis geneem.
Intussen maak rolspelers gereed om wildbeskerming en wetstoepassingspogings teen wildmisdaad in Namibië hierdie feesseisoen op te skerp.
Van hierdie 106 is 44 vir renosterstropery en 62 verdagtes vir olifantstropery in hegtenis geneem.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het gesê wat ontstellend is, is dat 93 van dié verdagtes Namibiërs is – ’n groep wat volgens die ministerie die voortou in die stryd teen stropery behoort te neem.
Onder die ander verdagtes is agt Angolese en sewe Zambiërs.
Hy het bygevoeg nege mense is vanjaar skuldig aan stropery-verwante misdade bevind – sewe vir olifantstropery en twee vir renosterstropery.
Altesaam 63 renosters – 41 swartrenosters en 22 witrenosters – is tot dusver vanjaar gestroop.
Uit dié stroperysake is 15 renosters op bewaringsplase gestroop, 22 op private plase en 26 in die Etosha Nasionale Park.
In 2021 is 44 renosterstroperysake in Namibië aangeteken, teenoor 42 in 2020, 57 in 2019, 83 in 2018 en 55 in 2017.
“Met die styging van stroperyvoorvalle in 2014, is talle ingrypings landswyd onder leiding van die ministerie onderneem om wildmisdaad te bekamp. Wildmisdaad bedreig nie net die voortbestaan van die spesie nie, maar die reputasie van die land se bewaring, sosioëkonomiese en toerisme-ontwikkeling,” het Muyunda gesê.
Hy het benadruk dat die kwessie van renosterstropery die betrokkenheid van alle belanghebbendes vereis, veral lede van die publiek wat vermeende oortreders by die regte owerhede moet aanmeld.
“Diegene wat hulle skuldig maak aan hierdie misdade is binne ons samelewing en daarom moet ons verdagte aktiwiteite by die owerhede aanmeld. As ’n nasie moet ons die onwettige plundering van ons hulpbronne teëstaan deur wildmisdade in ons pragtige land te verwerp en te veroordeel.”
Intussen staan die olifantstroperysyfers vir vanjaar op vier. Tien olifante is verlede jaar in Namibië gestroop, 12 in 2020, 13 in 2019, 27 in 2018 en 50 in 2017.
Muyunda het verder die ministerie se waardering uitgespreek vir die werk wat teenstropingseenhede oraloor die land doen, asook vir ander rolspelers se samewerking in die stryd teen stropery.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie