Tiener sterf in ontploffing
Ellanie Smit - ’n Veertienjarige seun is dood en twee van sy gesinslede is ernstig beseer nadat ’n handgranaat ontplof het wat sy pa met ’n byl gekap het. Die 35-jarige pa is ernstig beseer.
Volgens die polisie het die voorval Vrydag in die Luliba-nedersetting in die Zambezistreek plaasgevind. Die man het na bewering die handgranaat en ander gebruikte patrone in die bosse in die omgewing van Mpacha en Liselo opgetel. Hy het by die huis die handgranaat met ’n tradisionele byl begin slaan. Die handgranaat het ontplof en hy en twee van sy kinders van onderskeidelik vier en nege jaar oud is ernstig beseer.
Yamuno Mulatehi is in die ontploffing dood. Sy liggaam is na die staatshospitaal se lykshuis op Katima Mulilo vervoer. Die polisie-ondersoek duur voort.
* In ’n onverwante voorval het ’n 31-jarige man van Rehoboth glo twee tienermeisies verkrag. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het die voorval Saterdag omstreeks 04:00 in ’n rivierbedding tussen Blok A en Blok F plaasgevind. Die meisies is onderskeidelik 15 en 17 jaar oud.
Die meisies en drie ander het ’n gebedsessie in Blok D bygewoon en was op pad huis toe toe hulle drie mans teëgekom het wat voor ’n winkel gestaan het, volgens die verslag.
Een van die mans het na bewering ’n mes uitgehaal waarmee hy die meisies gedreig en gedwing het om na die rivierbedding te stap waar hy hulle verkrag het. Hy is reeds in hegtenis geneem.
* Intussen is ’n 36-jarige man in Swakopmund in hegtenis geneem, nadat hy in besit van 12 pakkies dagga betrap is. Die waarde van die dagga wat byna 3 kg geweeg het, is sowat N$30 000.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie