Die bakkie waarin die bestuurder geskiet is. Foto Tanja Bause
Die bakkie waarin die bestuurder geskiet is. Foto Tanja Bause

Transitorowers slaan toe in Katutura

’n Onbekende aantal rowers het gister op veiligheidswagte van Namibia Protection Services toegeslaan.

Die wagte was besig om geld by ’n winkel in die Shoprite-inkoopsentrum in Monte Christostraat in Katutura op te laai.

Volgens Petrus, ’n ooggetuie, was hy op die parkeerterrein van die inkoopsentrum toe hy skote hoor klap het.

“Ek het net klap, klap, klap gehoor en toe het die mense begin hardloop. Baie het in die winkels ingehardloop en ander het oor die palissade wat die kompleks omhein, geklim. Ander het agter voertuie weggekruip. Dit was chaos, die mense was bang. Twee wagte was in die winkel besig om die geld te kry. Die een ‘botsotsi’ het die bestuurder se deur oopgemaak en hom in die arm geskiet.

“Hy het buite die bakkie gelê. Die ander twee wagte het uitgekom en die botsotsi’s het hulle beveel om op die grond te gaan lê. Hulle het die hele tyd op hulle geskree: ‘Bly net lê, bly net lê’. Hulle het die wagte se wapens gevat en met die wapens en die geld op die vlug geslaan.

“Die botsotsi’s was baie en hulle het almal dieselfde oorpakke aangehad. Volgens die ander mense hier het die manne lank hier rondgehang en gewag op die wagte wat die geld moes kom optel. Hulle het by die kompleks uitgery, links gedraai en in die rigting van die Van Eck-kragstasie gery.”

Die Namibiese polisie kon teen druktyd nog geen verdere inligting verskaf nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!