Polisie
Polisie

‘Tref-en-trapper’ gee homself oor

’n Verdagte wat na bewering van die toneel van ’n kop-aan-kop-botsing gevlug het en ’n man in sy voertuig vasgekeer was en dood is, het homself Sondag by die Nkurenkuru-polisiekantoor oorgegee.

Die ongeluk het Sondag omstreeks 01:00 op die Nkurenkuru-Kahenge-pad (B10) in die Kavango-Wesstreek plaasgevind.

Die oorledene se voertuig het glo met die harde slag omgeslaan en op sy dak beland. Hy was binne sy voertuig vasgekeer en is op die toneel dood.

Die oorledene was ’n 51-jarige man en lid van die plofstof-afdeling by die polisie se hoofkantoor in die Kavango-Wesstreek.

’n Vriend van die bestuurder van die ander voertuig het hom later die dag na die polisiekantoor geneem en hy is hospitaal toe gevat vir die behandeling van geringe beserings.

• ’n Ongelisensieerde bestuurder het Vrydag omstreeks 20:10 op die B1-pad tussen Onethindi en Onathinge teen ’n vragmotor se sleepwa gebots en is op die toneel dood.

• ’n Verdagte wat na bewering onder die invloed van alkohol was en Sondag drie voertuie in Walvisbaystraat in Havana beskadig het toe hy in hulle vasgery het, is in hegtenis geneem. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!