Die 23-jarige me. Albertina Jason is in hegtenis geneem vir die ontvoering van 'n babaseuntjie op Tsumeb. Foto verskaf
Die 23-jarige me. Albertina Jason is in hegtenis geneem vir die ontvoering van 'n babaseuntjie op Tsumeb. Foto verskaf

Tsumeb-baba veilig, ontvoerders vasgetrek

Ellanie Smit
’n Jong vrou (23) en haar twee medepligtiges is in hegtenis geneem en aangekla vir hul betrokkenheid by die ontvoering van ‘n drie maande oue babaseuntjie vroeër vandeesmaand op Tsumeb.

Volgens die polisie is me. Albertina Jason – ook bekend as Tina – Dinsdag in Oshaandja, sowat 7 km van Oshakati-Wes in die Oshanastreek, in hegtenis geneem.

Sy is gevind met die babaseuntjie, wat deur sy 18-jarige ma van Onheleiwa uitgeken is.

’n Dokter het die baba ondersoek en bevestig hy is fisiek gesond, waarna hy terug in sy ma se sorg geplaas is.

Die polisie het vroeër gesê Jason het op 15 Mei haar huis op Tsumeb met haar baba verlaat om na bewering by haar kêrel in Oshakati te gaan kuier, maar sy het nooit by hom uitgekom of teruggekeer huis toe nie.

Die baba se ma is na bewering na Tsumeb gelok nadat sy ‘n aanbod ontvang het om as huishulp te werk.

“Toe sy in Tsumeb aankom, het ’n onbekende man en 'n bekende vrou haar ontmoet en haar N$400 gegee om kos by ’n plaaslike kruidenier te koop. Sy het haar baba by een van die verdagtes gelos en winkel toe gegaan,” het die polisie gesê.

“Toe sy van die winkel af terugkom, was die verdagte en die baba skoonveld. Die ma het probeer om die vrou op haar selfoon te kontak, maar dit was afgeskakel. Die polisie is uiteindelik in kennis gestel en ondersoeke is van stapel gestuur,” het die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê.

UITGESTEL

Die twee medepligtiges is as die 21-jarige me. Lydia Kaunehafo Shimbilinga van Onheleiwa en haar 25-jarige broer, mnr. Joseph Natangwe Shatilwe, ook van Onheleiwa, geïdentifiseer. Shimbilinga werk glo as ‘n huishulp in Ondangwa en haar broer as ’n veiligheidswag op Swakopmund.

Albei het hul eerste verskyning in die landdroshof op Tsumeb gemaak en die saak is tot 17 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.

BESKERM JOU KINDERS

Shikwambi het ma’s sowel as pa’s gemaan om hul kinders te alle tye te beskerm en gesê kinders kan deesdae om verskeie redes “gesteel” word.

Sy het Namibiërs aan die erns van kinderontvoering herinner, en gesê enigiemand wat so ‘n misdaad teëkom of ‘n slagoffer daarvan word, moet dit dadelik by die polisie aanmeld.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!