Twee dood ná rooftog, skietery by Namdia
Verdagtes buit onbekende hoeveelheid diamante
Die polisie is op die spoor van twee verdagtes in verband met 'n gewapende rooftog die naweek in die hoofstad.
Die liggaam van ’n sekuriteitstoesighouer by Namibia Desert Diamonds (Namdia) is in ’n stoorkamer gevind met sy hande en bene vasgebind met 'n plastieksak oor sy kop. Hy is een keer in die kop geskiet.
Só het die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê in verband met Francis Eiseb se dood tydens ’n rooftog wat Saterdagaand in Klein Windhoek plaasgevind het.
Shikwambi het verder bevestig dat die polisie tans op soek is na twee verdagtes wat glo van die toneel gevlug het.
Een van die vermeende rowers, Max Endjala, is ook tydens die voorval noodlottig geskiet. Hy was Namibië se voorste muurbalspeler en het as ouditeur by ’n plaaslike finansiëledienstemaatskappy gewerk.
SELFDOOD
Volgens Shikwambi is hy ook in die stoorkamer gevind waarna hy na 'n hospitaal geneem is waar hy dood is.
Shikwambi het vroeëre bewerings verwerp dat Endjala se dood ’n selfdoord was en gesê ’n lykskouing sal die presiese oorsaak van sy dood bepaal.
“Wie het gesê dit was selfdood? Die verslag sê skietwonde. Die lykskouing sal vir ons meer duidelikheid gee oor wat die oorsaak van sy dood was,” het sy gesê.
Namdia het egter gister in ’n mediaverklaring daarop aangedring dat Endjala aan ’n “selftoegediende wond” beswyk het.
Nog ’n verdagte is tydens die voorval beseer en is tans onder polisiebewaking by ’n hospitaal in Windhoek.
Vier vuurwapens en messe is op die toneel gevind – twee het aan die verdagtes behoort en twee aan die slagoffers.
DIAMANTE GESTEEL
Twee van die vermeende rowers is steeds op vrye voet met ’n onbekende hoeveelheid diamante waarvan die waarde nog vasgestel moet word.
Namdia, die regering se diamantbemarkings- en verkoopsmaatskappy, het Saterdagaand ’n verklaring uitgereik en verseker dat ’n omvattende mediaverklaring uitgereik sal word soos meer inligting ingesamel word.
“Die verdagtes het op die vlug geslaan met ’n ongespesifiseerde hoeveelheid van Namdia se diamante, waarvan die waarde nog vasgestel moet word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie