No Image Caption

Twee 'renosterstropers' in Etosha doodgeskiet

Francoise Steynberg
Twee vermeende renosterstropers is Woensdagmiddag by Scorpionbelt aan die westekant binne Etosha Nasionale Park deur lede van die teenstropingseenheid doodgeskiet.

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) het die lede verbonde aan die teenstropingsoperasie in Etosha tussen 12:00 en 13:00 tydens hul patrollies voetspore langs die park se heining opgemerk.

Die lede het volgens Nampol toe die voetspore in ’n raduis van 60 km gevolg tot by ’n watergat waar renosters gewoonlik aan struike vreet.

“Toe die stropers agterkom hulle word agtervolg, het hulle op die lede van die teenstropingseenheid losgebrand wat tot ’n heen en weer skietery gelei het,” lui Nampol se verklaring.

Gevolglik is die vermeende stropers doodgeskiet. Volgens Nampol was die stropers met twee jaggewere gewapen.

’n Saak van moord (saaknommer CR03/05/2024) word by die Omuthiya-polisiekantoor ondersoek.

Die identiteite van die vermeende stropers moet in hierdie stadium nog vasgestel word aangesien geen identifikasiedokumente op hul liggame gevind is nie. Hul liggame word by die polisie se lykshuis op Omuthiya gehou.

Nampol versoek enigiemand met inligting of wat ’n familielid vermis om die lykshuis te besoek om die liggame moontlik te identifiseer.

Die streekbevelvoerder in die Oshikotostreek en bevelvoerder van die Yesa Ongava-teenstropingseenheid kan in die verband by 081 129 3022 gekontak word.

Etosha is die brandpunt van renosterstropery in die land met die meerderheid van gestroopte renosters wat in dié vlagskippark voorkom.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, is 35 renosters al vanjaar in Namibië gestroop.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!