Twee ‘stropers’ kry hul dag in hof

Otavi-polisie tree flink op
'n Plaaswerker het die jaagtog op video vasgevang en sedert Donderdag het die video soos 'n veldbrand in die sosiale media versprei.
Augetto Graig
Puik samewerking tussen die polisie op Otavi en plaaslike boere het Donderdag tot die inhegtenisname van twee vermeende stropers gelei.

Volgens die Namibiese polisie staan die verdagtes tereg op klagte van die jag van wild sonder ’n permit, die besit van vermoedelik gesteelde vleis, en die vervoer van wildsvleis.

Die verdagtes is omtreeks 17:23 naby die plaas Lichtenberg 473 in die Otavi-distrik in die Otjozondjupastreek vasgekeer.

Die bestuurder (27) van die wegkomvoertuig, ’n Toyota Corolla, en ’n passasier (24) het Vrydag vlugtig in die landdroshof op Otavi verskyn, waar hulle saak tot 5 Julie uitgestel is. Geen borgtog is aan die paar toegestaan nie.

Die jaagtog – waartydens die verdagtes vasgetrek is – het soos ’n veldbrand in die sosiale media versprei. ’n Plaaswerker het die jaagtog vasgevang. Teen gistermiddag het meer as 50 000 mense na die beeldmateriaal op Republikein se Facebookblad gaan kyk.

Volgens inligting wat aanvanklik gedeel is op die Namibia Marshal Rangers se WhatsApp-groep, NamStrong Media 1, was plaaswerkers besig met ontbossing langs die D3031-grondpad op pad na Otavi.

Die voorman het die polisie op Otavi gebel nadat hulle opgemerk het dat mense sakke uit die bosse dra wat naby die heining weggesteek was.

Die voorman en drie plaaswerkers het in ’n plaasbakkie die silwer sedanvoertuig met vier vermeende stropers agterna gesit. Die polisie was glo reeds op pad en alhoewel die verdagtes die polisievoertuig kon vermy, moes hulle stadiger ry. Dit het die voorman kans gegee om die sedanvoertuig verby te steek.

Die voorman het stadiger begin ry en voor die sedanvoertuig ingeswaai om te verhoed dat die voertuig verby hulle kon jaag. Die sedanvoertuig het gevolglik in die bakkie vasgery en moes noodgedwonge stop.

Een van die passasiers het intussen reeds een van die agterdeure van die voertuig oopgemaak en uitgespring. Volgens die polisieverslag is hy beseer. Twee passasiers het op die vlug geslaan.

Die polisie het beslag gelê op twee gemsbokkoppe en twee gemsbokvelle, en op ’n kop en vel van ’n koedoe ter waarde van N$28 000. By die verdagtes se kamp is ook vleis gevind wat aan ’n boom gehang het. Die gedroogte vleis is aan die plaaseienaar terugbesorg, volgens Nampol.

“Hierdie is ’n goeie voorbeeld van inligting wat betyds gekry is en waar polisiebeamptes mooi en vinnig optree om met ’n voertuig met ’n vol tenk, en mannekrag gereed vir aksie, goeie werk te lewer. Ongelooflik!

“En die keelvol plaaswerkers en hul voorman het die regte ding gedoen, selfs om ’n video op ’n selfoon te neem van die jaagtog en die arrestasie en die sakke vol wildsvleisbiltong. Hoera vir die blitspatrollie!” skryf die tevrede boer in ’n aanvanklike boodskap.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!