Twee vas vir moord op transgender vrou
Twee 18-jarige verdagtes is die naweek in hegtenis geneem in verband met die moord verlede week op ’n transgender persoon.
Christof Fredericks (30), wat as ’n transgender vrou geïdentifiseer het, se liggaam is Donderdag in Otjomuise gevind met 32 steekwonde en Fredericks se geslagsdele wat verwyder is en op haar bors gelos is.
Volgens die Namibiese polisie is die eerste verdagte Saterdag in Windhoek gearresteer en die tweede verdagte is gister in Swakopmund vasgetrek.
Die polisie het gister ’n foto van die tweede verdagte op hul Facebookblad gedeel en die publiek om hulp gevra om hom op te spoor. Hy is ure later gearresteer.
Die twee verdagtes sal na verwagting vandag in die Katutura-landdroshof verskyn. Hul name sal eers bekend gemaak word nadat hulle in die hof verskyn het.
Fredericks is Woensdagoggend laas deur familie gesien en was glo op pad na ’n vriendin se huis.
“Die laaste wat hulle gehoor het, is dat hul paaie by die Otjomuise-winkels geskei het. Hulle het die oorledene nie weer gesien totdat die verminkte lyk gevind is nie,” lui die polisieverslag.
’n Verbyganger het glo die liggaam omstreeks 07:00 in die rivierbedding by die Hoërskool Chairman Mao Zedong gevind.
“Wat vermoedelik die oorledene se klere is, is ’n entjie van die liggaam langs Ghanzistraat gevind met verskeie bloedkolle,” luidens die polisie se verslag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie