‘Van Saul na Paulus’ vir oudbendelid
Uit tronk vrygelaat weens goeie gedrag
Kommissaris Nelius Becker vertel van Paulus (Ninja) Shimweefeleni se inhegtenisname nadat hy in 1997 uit die tronk ontsnap het.
Elizabeth Kheibes – ’n Voormalige bendelid van die berugte “Red Eye”-bende, Paulus (Ninja) Shimweefeleni (52), is uit die tronk vrygelaat sowat 24 jaar ná hy skuldig bevind is aan moord.
Shimweefeleni is in Februarie 1999 tot lewenslange tronkstraf gevonnis, asook ’n bykomende 22 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Hy is vrygelaat op grond van goeie gedrag.
’N NUWE MAN
Shimweefeleni het in ’n onderhoud met NBC gesê sy lewe het verander nadat daar na hom verwys is dat hy van “Saul na Paulus” verander het, ’n bekende gelykenis in die Bybel om die verandering van ’n mens se karakter ten goede uit te druk.
“Ek is bemoedig en gemotiveer deur daardie toespraak en die manier waarop Hamunyela [Raphael] my aan wyle president, Hage Geingob, voorgestel het. Op pad terug na my sel het ek my medegevangene gevra wat die verwysing beteken en hy het vir my gesê dat die generaal my dalk sien as Saul wat in Paulus verander het,” het hy gesê.
Shimweefeleni beplan om sy slagoffers om vergifnis te vra en hoop om na verskillende skole te gaan en oor sy ervaring en transformasie te praat.
ARRESTASIE
Kommissaris Nelius Becker – die huidige hoof van die Namibiese polisie se Nasionale Forensiese Wetenskap-instituut (NFSI) en voormalige hoof van die Namibiese polisie se departement van misdaadondersoeke – was deel van die span wat Shimweefeleni destyds in hegtenis geneem het nadat hy uit die tronk ontsnap het. “Soveel jare het verbygegaan, maar ek onthou hoe ek by die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja vir hom [Shimweefeleni] gewag het nadat hy in 1997 ontsnap het. Ons was ’n groot groep offisiere en toe ons hom suksesvol in die bakkie gelaai het, het ’n lid van die weermag [NDF] verskeie skote begin afvuur en selfs Shimweefeleni moes vir die koeëls koes om sy lewe te red,” het Becker vertel.
Voordat Shimweefeleni weer gearresteer is, het hy en twee ander misdadigers wat ontsnap het, ’n taxibestuurder in Windhoek voorgekeer om hulle na Grootfontein te neem. Die bestuurder is later doodgeskiet.
Shimweefeleni het destyds aan verskeie publikasies gesê hy weet nie wie se geweerskote die bestuurder doodgemaak het nie, want hulle het almal skote op die slagoffer afgevuur nadat hy probeer ontsnap het.
Becker meen dat Shimweefeleni se vrylating op grond van goeie gedrag ’n aanduiding is van die goeie werk wat deur Namibië se korrektiewe diens (NCS) gedoen word.
“Ek is bly om te sien dat hy vrygelaat is, hopelik kan hy nou ander inspireer en praat oor die gevolge van misdaad,” het Becker bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie