Veediewe skiet nege koeie by Otjiwarongo

Boere sê hul toekoms is op die spel
Siegward Häniche sê sy skoonseun het hom die middag van 5 September in kennis gestel dat van hul beeste weg is.
Elvira Hattingh
“Die regering moet drasties teen veediewe optree, want anders is daar geen toekoms meer vir boere nie.”

Só sê Siegward Häniche van Otjiwarongo op wie se plaas daar onlangs vier dragtige koeie geskiet is.

Hy vertel in die vroeë oggendure van Dinsdag 5 September het veediewe vier dragtige koeie op die plaas Capricorn teen die B1-teerpad geskiet. Veediewe het die afgelope weke nege beeste in dié omgewing geskiet.

“Ons as boere is baie bekommerd oor die toekoms as dit by veediefstal kom. Ons ontvang nie baie hulp van die polisie nie – hulle vra net ’n verklaring en reik ’n saaknommer uit as jy daarvoor vra.

“As boere moet ons kameras in elke hoek van die plaas aanbring. Privaat sekuriteitsmaatskappye word aangestel om ons beeste te bewaak.

“Boere patrolleer elke nag op hul eie plase om net hul eiendom en diere te beskerm. Ondanks al ons moeite, help dit niks.”

VIER KOEIE

Häniche sê sy skoonseun, wat as plaasbestuurder op die plaas werk, het hom die middag van 5 September in kennis gestel dat van hul beeste weg is.

“Die beeste word elke dag by die watergat gevang en getel. Ons het toe agtergekom dat vier beeste kort en het hulle die middag weer getel. Dit gebeur soms dat sommige eers later die dag kom water drink,” het Häniche vertel.

Die beeste het egter weggebly en later is aasvoëls opgemerk. “Plaaswerkers het die eerste dooie koei in die veld gevind. Sy het ’n duidelike skietwond onder die regteroog gehad en die aasvoëls het begin om haar te vreet.

“’n Paar bure is van die voorval in kennis gestel en het dadelik kom help,” het Häniche gesê.

Hy sê ’n tweede koei is op die plaas – sowat 100 m vanaf die teerpad – gevind. Die koei is geslag en die vleis is weggedra, net die kop en ingewande is agtergelaat. Daar was ook ’n skietwond agter die koei se kop.

“Op die plaaspad het ons al hoe meer spore gesien – vermoedelik van die veediewe. Ons het die spore gevolg en op ’n derde koei afgekom met ’n skietwond in die linkerskouer. Die koei het toe nog geleef, maar het kort daarna gevrek.”

Häniche sê ’n vierde koei is die namiddag in die veld gevind met ’n skietwond in die area van haar pens. ’n Veearts behandel haar tans en sy is steeds in ’n kritieke toestand met ’n 50% kans op oorlewing.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!