Veertig beeste gesteel, niemand aangekeer
Drie dragtige koeie ter waarde van sowat N$60 000 wat aan Ingo Jacobi behoort, is laas Donderdagnag in die Kalkfeld-omgewing geslag.
Dit bring die totale aantal beeste wat die afgelope jaar in dié omgewing geslag is op sowat 40 te staan, met niemand wat tot dusver vir die misdrywe aangekeer is nie.
Jacobi sê sy dragtige koeie is teen die pad geslag op ’n plaas wat hy huur. Dit is die tweede keer sedert Julie, toe daar ook drie van sy koeie, waarvan sommige dragtig was, geslag is.
Hy sê ten spyte daarvan dat die polisie meestal die toneel kom ondersoek en vriendelik help, blyk dit hulle is heeltemal onbeholpe om die oortreders self op te spoor, aan te keer of vordering in die ondersoeke te maak.
Jacobi sê ná Julie se slagtery het die boerevereniging beeldmateriaal van ’n voertuig asook ’n voertuignommer van die verdagtes aan die polisie verskaf. “Hulle het danksy die hulp die verdagte gevind, maar hy het beloof om sy samewerking te gee en is op borgtog van N$4 000 se vrygelaat. Intussen is daar geen vordering in die saak gemaak nie en die verdagte het geen inligting verskaf oor wie saam met hom gewerk het nie,” het Jacobi gesê.
Hy sê in die jongste voorval het die polisie weer die toneel kom besoek en foto’s geneem, maar eindelik vir die Jacobi’s gevra om verdagte voertuie of persone op die kameras te identifiseer. Dié keer kon dit egter nie gedoen word nie omdat die diewe waarskynlik ’n ander ontsnaproete gebruik het waar daar nie kameras is nie.
Jacobi sê ondanks die verlies aan 40 beeste in die Kalkfeld-omgewing oor die afgelope jaar, is daar nie ’n enkele persoon wat tans daarvoor vervolg word of selfs aangekeer is nie. Hy wil die kwessie onder die aandag van die streek se polisiebevelvoerders en, indien nodig, selfs hoër op bring.
“Die publiek en politici moet kennis neem van die polisie se onvermoë om enige veediewe aan te keer en skuldig te laat bevind, ten spyte van ons boerevereniging se bystand in die vorm van inligting en kameras,” het Jacobi gesê. “Ons is regtig moeg hiervoor,” het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie