Nadat  hulle dae lank vermis was, is klein Amarie Alejandro Boois se liggaam in 'n vlak graf gevind en haar ma die volgende dag bewusteloos naby 'n plaas in die Bethanie-gebied. Foto Namibia Marshall Rangers
Nadat hulle dae lank vermis was, is klein Amarie Alejandro Boois se liggaam in 'n vlak graf gevind en haar ma die volgende dag bewusteloos naby 'n plaas in die Bethanie-gebied. Foto Namibia Marshall Rangers

Vermiste baba in vlak graf, ma lewend gevind

Vermoedelik ’n selfdoodpoging
'n Oud-polisievrou is bewusteloos aangetref nadat sy dae gelede spoorloos met haar baba verdwyn het.
Augetto Graig
Nadat ’n ma en haar baba verlede week Maandag by hom as vermis aangemeld is, het Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers die uitkoms van die saak as ’n tragedie beskryf. Dit nadat die lykie van die baba, wat ‘n jaar en een maand oud was, op Donderdag 12 Januarie gevind is. Die ma is die volgende oggend bewusteloos naby die plaas Bucholzbrunn in die Bethanie-gebied gevind. Sy is oor die naweek by die Keetmanshoop-staatshospitaal behandel.

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) word ’n saak van moord - saamgelees met die wet op huishoudelike geweld - ondersoek, asook die dwarsboming van die gereg. Die polisie is deur ’n boer ingelig dat ’n vrou by sy plaashuis kom aanklop het om vir water te vra. Die boer het haar dopgehou nadat sy klaar gedrink en weggestap het. Hy het opgemerk dat sy in een stadium iets op die grond gedoen het en het toe een van sy werknemers gestuur om te kyk wat dit kon wees.

Die werknemer het daar op ’n vlak graf afgekom met voetspore rondom. Hulle het die polisie gebel, wat later die lykie van klein Amarie Alejandro Boois daar ontdek het. Op die ma se spoor is ’n handsak gevind met ’n aanstellingsbrief vir ene konstabel Lucia Vapeni Boois binne-in, wat daarvolgens op 22 Januarie 2016 op die polisiemag aangestel is. ’n Vrywillige bedankingsbrief gedateer 20 Julie 2020 is ook in die handsak gevind.

Die soektog is voortgesit en later is ’n draad ontdek wat aan ’n boom hang en die polisie vermoed dit is dalk vir ’n mislukte selfdoodpoging gebruik. Die soektog moes kortgeknip word toe dit donker word, maar die vrou is Vrydagoggend naby die plaas bewusteloos gevind, volgens Nampol se misdaadverslag.

Die familie is ingelig en die polisie se ondersoek na die voorval duur voort. Naude berou die feit dat die polisie nie van die begin af betrokke was nie. “Ek het nie geslaap sedert ons hierdie saak begin opvolg het nie; wanneer daar kinders betrokke is, vind ek geen vrede voordat ons antwoorde het nie,” het hy Vrydag aan Republikein gesê. Hy het ’n beroep op almal gedoen om aanvanklik enige vermiste persoon eerste by die Namibiese polisie aan te meld.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!