Verskeie dwelmvondse op Swakopmund

Head of section Head of section
Die polisie in die Erongostreek het oor die naweek verskeie dwelmvondse in die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund gemaak en van dagga tot kokaïen tot CAT gekonfiskeer. Vrydag is twee mans onderskeidelik 27 en 21 in besit van dagga ter waarde van N$1 750 00 betrap. Op dieselfde dag is ’n 35-jarige man in die Tulinawa-nedersetting in besit van drie groot sakke dagga betrap met ’n waarde van N$ 35 650. ’n Kongolese vrou (28) met vlugtelingstatus is in Tamariskia in hegtenis geneem, nadat sy in besit was van dagga, kokaïen, sowel as CAT met ’n waarde van N$313 000.

Nog ’n man (31) is in Mondesa vasgetrek vir die besit van en handel in dagga en mandrax-tablette met ’n waarde van N$ 43 470. Die betrokke verdagtes verskyn almal Maandag in die landdroshof op Swakopmund.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!