Vrou steek glo suster met ’n mes dood
Verdagte in hegtenis
'n Vrou het glo haar 17-jarige suster op Karibib vermoor.
’n Meisie van Karibib (17) is Vrydagoggend met ’n mes in haar bors gevind nadat haar suster haar glo doodgesteek het.
Die oorledene en die verdagte was glo albei by hul huis en het omstreeks middernag ’n skootrekenaar by die verdagte se broer in ’n buitekamer gaan haal. Die broer het glo geen teken van konflik tussen die twee opgemerk nie.
Die meisie se skool het haar ma omstreeks 06:30 gebel om uit te vind waar sy is omdat sy nie vir eksamenvoorbereiding opgedaag het nie.
Haar ma het toe na haar huis gegaan en die huis was gesluit. Sy het die oorledene probeer bel, maar geen antwoord gekry nie en gevolglik die polisie gebel.
Die polisie het ’n venster oopgemaak en ’n video van die binnekant van die huis geneem om te sien wat binne is.
Hulle het toe ’n liggaam in die gang sien lê en besluit om die deur oop te breek. Toe hulle die deur oopgekry het, het hulle die oorledene op haar rug gevind met ’n kombuismes in haar borskas.
Luidens die polisieverslag is die oorledene in ’n gang gevind wat na een van die slaapkamers in die huis lei. Die naaste slaapkamer is glo in ’n toestand gevind wat op fisieke geweld dui. Die polisie sê ’n houer met chemikalieë is in die slaapkamer gevind en ’n multifunksionele mes is langs die liggaam gevind.
Die verdagte is in hegtenis geneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie