Vrou steek tiener met mes dood
Glo oor aantygings van epilepsie
In 'n afsonderlike voorval is 'n 28-jarige man dood nadat hy Maandag by die dorpie Onalusheshete deur weerlig getref is.
Tuyeimo Haidula - ’n Twee-en-twintigjarige vrou is verlede naweek in hegtenis geneem omdat sy na bewering ’n ander vrou (18) in Oshakati se informele nedersetting Onawa met ’n mes doodgesteek het.
Adjudant-offisier Frieda Shikole, die waarnemende polisiewoordvoerder in die Oshanastreek, het die voorval bevestig en bygevoeg die oorledene het na bewering na die verdagte se huis toe gegaan om haar te konfronteer oor bewerings wat sy gemaak het dat die slagoffer aan epilepsie gely het.
’n Bakleiery het tussen die twee vroue uitgebreek. Besonderhede rondom die bewerings en hoekom dit tot ’n fisieke onderonsie gelei het, bly duister.
“Tydens die bakleiery het die verdagte die oorledene met ’n mes gesteek,” het Shikole gesê en bygevoeg die slagoffer is na die Oshakati-staatshospitaal gehaas waar sy later aan haar beserings beswyk het.
Die verdagte sal na verwagting vandeesweek in die Oshakati-landdroshof verskyn.
WEERLIG SLAAN MAN DOOD
In ’n afsonderlike voorval is ’n 28-jarige man dood nadat hy Maandag by die dorpie Onalusheshete in die Nehale Lyampingana-kiesafdeling deur weerlig getref is.
Die Oshikoto-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Teopolina Kalompo-Nashikaku, het gesê die oorledene, wat as ’n huishulp werksaam was, het die huis verlaat waar hy gewerk het om sy selfoon te laai toe die voorval plaasgevind het.
Die oorledene het glo by ’n buurman se huis gebly en gewag vir sy selfoon om te laai, en in daardie tyd het dit begin reën.
Kalompo-Nashikaku het gesê die oorledene het onder ’n boom gesit toe die weerlig hom getref het, en hy is op slag dood.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie