Police
Police

Vrou vermoor ná wrede seksuele aanranding

Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula

‘n Vyf-en-twintigjarige man het brandrissie in sy meisie se vagina geplaas en haar van ontrouheid beskuldig voordat hy haar ernstig aangerand en haar enkels met ‘n panga gesny het.

Die voorval het Saterdag op Omuyagaya in die Omuthiya-distrik in die Oshikotostreek plaasgevind.

Na bewering het mnr. Vihepa Tchipofi Fransisco sy meisie, me. Anna Kaviu Fransianu, oor haar hele lyf geslaan en haar enkels gesny voordat sy aan haar beserings dood is.

Fransisco het Dinsdag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en sy saak is tot 17 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Landdros Alice Gawanas het hom borgtog geweier en gesê die misdaad wat hy gepleeg het, is ernstig en dat die beskuldigde ’n vlugrisiko is, aangesien hy ‘n buitelander is.

Die staat is deur me. Justine Shiweda verteenwoordig.

Die polisiewoordvoerder in die streek, inspekteur Ellen Nehale, het gesê die slagoffer is van Ombilambundu in Angola.

Volgens Nehale was Fransianu en Fransisco ’n paartjie wat saam met ’n groep huishulpe in ’n huis gewoon het.

Haar lyk is na die polisie se lykshuis op Omuthiya geneem sodat ‘n nadoodse ondersoek uitgevoer kan word om die oorsaak van haar dood te bepaal.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!