Vyf dood ná polisie rooftog fnuik

Yandi Du Plessis
Nuusredaksie - Polisie-intelligensiebronne sê die vyf vermeende rowers wat Dinsdagaand in Okahandja doodgeskiet is, het ’n lang lys van misdade en was reeds op die polisie se radar vir vorige sake.

Om dié rede het die polisie hulle hierdie keer glo maklik opgespoor.

Deur waarnemingswerk van die misdaadintelligensie het die polisie vooraf geweet hulle het beplan om Okahandja se JS Slots Gambling House te beroof, en ’n plan is in werking gestel om die komplot te stuit.

“Ons het sake teen hulle in ons lêers. Trouens, hulle is ’n berugte bende wat ons al lank dophou,” het bronne gesê.

Lede van die ernstige misdaadeenheid en die Windhoek-stadspolisie het Dinsdagaand, gewapen en vertroud met besonderhede van die plan, vir meer as 70 kilometer van Windhoek na Okahandja agter die rowers aangery.

Toe hulle besef hulle word agtervolg, het die voornemende rowers na bewering spoed vermeerder om die polisie te probeer afskud – wat tot ’n hoë-adrenalien-polisiejaagtog gelei het.

EERSTE SKOTE

Polisiebeamptes wat by die operasie betrokke was, beweer die verdagtes het eerste begin skiet. Die polisie se reaksie het noodlottige gevolge gehad aangesien vyf van die ses mans op die toneel dood is, met die enigste oorlewende wat op die vlug geslaan het.

Twee pistole is in die ontsnapmotor gevind.

“Op die NaTIS-pad het verdagtes op die polisievoertuig begin skiet. Lede het gereageer en vyf verdagtes geskiet wat op slag dood is,” lui ’n boodskap van polisiebeamptes aan hul base – wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het.

“Twee pistole is in die motor gevind en een verdagte het weggehardloop. ’n Saak gaan binnekort geopen word en die ondersoek duur voort. ’n Verslag sal ’n bietjie later aangestuur word,” het beamptes geskryf.

Geen formele polisieverklaring oor die noodlottige voorval is tot dusver uitgereik nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 18° | 31° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 16° | 24° Omaruru: 18° | 25° Windhoek: 18° | 24° Gobabis: 20° | 30° Henties Bay: 18° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 26° Mariental: 20° | 29° Keetmanshoop: 21° | 27° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 17° | 25° Ariamsvlei: 23° | 31° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 19° | 31° Maseru: 19° | 31° Antananarivo: 16° | 30° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 24° | 38° Windhoek: 18° | 24° Cape Town: 18° | 25° Durban: 24° | 35° Johannesburg: 19° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!