Waar is Maliana en Spencer?

Geen inligting, geen leidrade
'n Meisietjie van Gobabis word reeds die afgelope drie weke vermis, nadat sy die laaste keer saam met haar ma gesien is.
Henriette Lamprecht
In die een deel van die Namibiese platteland is ’n vierjarige meisietjie wat drie weke gelede spoorloos verdwyn het.

In die ander uithoek ’n seuntjie wat op die ouderdom van drie jaar en tien maande reeds die afgelope drie jaar vermis word.

Maliana Geingos, ’n Damara-Namasprekende meisie van Gobabis, is op 28 Mei die laaste keer in die dorp gesien. Sy is eers ’n week later amptelik as vermis by die polisie aangemeld.

Volgens hoofinspekteur Fina Sakajengenga van die Namibiese polisie is Maliana die Dinsdag van haar verdwyning deur ’n veiligheidswag van die staatshospitaal op die dorp gesien waar sy die perseel saam met haar ma verlaat en in die rigting van die nedersettings gestap het.

Na bewering is Maliana en haar ma, wat glo erg onder die invloed was, die vorige aand ’n saamrygeleentheid aangebied en het sy van die voertuig afgeval. Sy is saam met Maliana hospitaal toe geneem.

“Die polisie het haar (die ma) ’n volgende keer op die pad gekry waar sy na die poste gestap het. Hulle het haar na die polisieselle gevat waar sy tot die volgende dag geslaap het. Toe sy die volgende oggend gevra is waar haar dogtertjie is, het sy gesê: ‘Ek ken nie wat gebeur het nie’,” sê Sakajengenga.

Volgens haar het die polisie ook die hulp van ’n sielkundige ingeroep om met Maliana se ma te praat om meer inligting te kry, maar dit het niks opgelewer nie.

“Daar is nog geen teken van haar of enige inligting nie, ons het al oral gesoek maar sal nie ophou nie.”

Sakajengenga kan by 081 339 5386 gekontak word indien iemand meer weet oor Malania se verdwyning.

SPENCER

Julia Ndafyaalako, die ma van Spencer Mandela Nekale wat in Desember 2020 verdwyn het, het die hulp van ’n plaaslike kunstenaar, Qonja Elias Salatiel, ingeroep om ’n skets te teken oor hoe haar seuntjie nou ná drie jaar en ses maande sal lyk.

Spencer het op 23 Desember 2020 by sy tannie se huis in Area 7 op Lüderitz verdwyn waar hy die vorige aand oorgeslaap en saam met ander kinders gespeel het.

Die laaste keer wat Spencer gesien is, is toe hy buite met ander kinders gaan speel het.

Vir enige inligting oor Spencer se verdwyning en waar hy hom moontlik kan bevind, kan ’n WhatsApp na 081 695 4974 gestuur word.

Adj.komm. Nikodemus Mbango, die polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, het bevestig daar is geen nuwe leidrade of inligting oor Spencer se verdwyning nie, maar die ondersoek duur steeds voort.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!