Wag skiet ‘verkragter’, gee homself oor
Verkragtingsake vier hoogty dié naweek
'n 35-jarige vrou het ongedeerd daarvan afgekom nadat 'n ooggetuie daarin geslaag het om 'n poging tot verkragting te keer.
Elizabeth //Kheibes – ’n Ongeïdentifiseerde veiligheidswag het ’n vermeende verkragter geskiet nadat hy glo gesien het hoe die verdagte en sy 17-jarige slagoffer in ’n struweling gewikkel was.
Die Namibiese polisie (Nampol) het die voorval die naweek aangemeld en bygevoeg dit het Sondag in die vroeë oggendure in ’n rivierbedding in Katutura plaasgevind.
“’n Veiligheidswag het na bewering ’n ongeïdentifiseerde verdagte in die kop geskiet in ’n poging om ’n verkragtingslagoffer te red. Die slagoffer, ’n 17-jarige meisie, is verkrag nadat ’n taxi haar afgelaai het.
“Nadat sy afgelaai is, het die slagoffer ’n vreemdeling ontmoet wat haar na bewering met ’n mes gedreig en in die nabygeleë bosse verkrag het,” lui die polisieverslag.
“Die verdagte het die veiligheidswag met ’n mes aangeval en die wag het drie waarskuwingskote afgevuur en toe die verdagte in die kop geskiet.”
Die wag het homself glo by die Katutura-polisiekantoor oorgegee.
Die verdagte se identiteit moet nog vasgestel word. Hy is in die Katutura-staatshospitaal opgeneem.
POGING TOT VERKRAGTING
Die polisie het nog ’n poging tot verkragting verlede Vrydag in Sesfontein, in die informele nedersetting Ombibi, aangemeld.
“Daar word beweer dat die verdagte die slagoffer se arm gedraai het en met geweld seksuele omgang met haar wou hê. ’n Ooggetuie het egter tot die klaagster se redding gekom. Die slagoffer is ’n 35-jarige Namibiese vrou. Die verdagte is ’n Namibiese man wat nog gearresteer moet word,” het die polisie gesê.
Ook in Sesfontein het ’n onbekende verdagte die grasdakhuis van ’n 28-jarige slagoffer binnegegaan, haar glo twee keer geklap en verkrag. Die verdagte is nie in hegtenis geneem nie.
SELFDOOD
In Keetmanshoop het die 39-jarige Richie Francois Roos Saterdagaand glo sy eie lewe geneem.
Sy meisie het hom gevind waar hy na bewering in hul agterplaas in die dorp se informele nedersetting Uitbreiding 12 gehang het.
“Volgens die familie het die oorledene aan depressie gely weens sy werkloosheid. Geen selfdoodbrief is gevind nie. Naasbestaandes is ingelig. Geen vuilspel word vermoed nie,” lui die polisie se verslag.
Nog ’n selfdoodvoorval is verlede Vrydag in die dorpie Omungwelume in die Engela-kiesafdeling aangemeld.
“Na bewering is die liggaam van die oorledene, Nandjaya Julius (22), gevind waar hy binne sy gesinshuis hang met ’n tou om sy nek. Daar word verder beweer dat die oorledene twee maande gelede probeer het om homself te hang. Die motief is onbekend en geen selfdoodbrief is agtergelaat nie.”
In Rehoboth het ’n 22-jarige man, Marco Adriano Beukes, glo Saterdag sy eie lewe geneem. Sy broer het na bewering sy lyk gevind waar hy aan die dak van ’n stoorkamer gehang het.
“Geen selfdoodbrief is gevind nie. Geen vuilspel word vermoed nie. Sy naasbestaandes is in kennis gestel,” het die polisie gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie