Witrenosterbul op plaas gestroop
Veediewe slaan by Otji, Hochfeld toe
’n Boer in die Okahandja-distrik het vir die derde keer onder renosterstropers deurgeloop nadat hy Maandagmiddag die karkas van ’n witrenosterbul op sy plaas ontdek het.
Die stropers het aanvanklik die bul gekwes. Twee bekende veeartse drs. HO Reuter en Ulf Thubbesing het verlede week die plaas besoek om die gekweste renoster te behandel nadat die stropers hom in die voorkop geskiet het. Die agtjarige bul is toe met ’n groot kruis op sy rug gemerk om hom maklik vanuit die lug te identifiseer en te monitor.
Die eienaar van die plaas het aan NMH gesê hy het nog Sondag omstreeks 18:00 oor die plaas met sy girokopter gevlieg en die bul lewend gesien.
“Maandag omstreeks 12:00 het ek sy karkas – min of meer op dieselfde plek as waar hy Sondagaand was – ontdek, asook die stropers se voetspore,” het die eienaar gesê.
Die stropers het die bul se twee horings uitgesny.
12 RENOSTERS OP PLAAS GESTROOP
Stropers het in 2017 nege witrenosters op die plaas afgemaai, in Desember twee swartrenosters en nou dié witrenoster.
Die renosters word tans op die plaas onthoring, juis om stropery te voorkom.
Lede van die Blue Rhino-taakspan was gister op pad na die plaas om die saak te ondersoek.
Renostereienaars is moedeloos met stropery wat handuit ruk, veral omdat hulle boonop onder die droogte gebuk gaan en die renosters moet voer.
“Dit lyk asof die stropers nou die renosters by die voerbakke teiken,” het die eienaar gesê.
Nog ’n renostereienaar in die Otjozondjupa-distrik wie se vier witrenosters ook onlangs gestroop is, het aan NMH gesê hy gaan handdoek ingooi en al sy renosters verkoop.
“Ons kry nie hulp van die omgewingsministerie of die regering om renosters te help bewaar nie. Ons enigste hoop is dat die handel in renosterhorings gewettig word,” het hy gesê.
Ten minste 58 renosters is al vanjaar gestroop.
VEEDIEFSTAL
Boere in die Otjozondjupastreek ly ook geweldige verliese weens veediefstal.
Beeste is vanaf ’n buurplaas na die plaas Hohenfels in die Otjiwarongo-distrik gejaag nadat die hek se ketting afgesaag is.
“Die beeste is Saterdag in die vroeë oggendure by die drukgang ingejaag, die hakskene is afgekap en vyf beeste is geslag, waarvan net twee karkasse gevat is,” het die eienaar van Hohenfels, Micki zu Bentheim, gesê
Hohenfels is op die Okakarara-pad geleë en Zu Bentheim het een van die vier verdagtes langs die pad gevind waar hy vuur gemaak het, “maar hy het net weggeloop”.
Volgens Zu Bentheim het die verdagte ook ’n skaap in die nag geslag, net ’n boud uitgesny en die res van die skaapkarkas net so gelos.
“Die beesdief het ook die werkers gedreig dat hy hulle gaan kom doodmaak.”
Zu Bentheim het bevestig dat hy al lankal al sy beeste verkoop na hy onder beesdiewe deurgeloop het.
Die polisie het Sondagoggend ondersoek op die plaas ingestel, maar geen verdagtes is nog vasgetrek nie.
By Hochfeld het veediewe egter hul rieme styfgeloop. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is vier mans – van onderskeidelik 20, 30, 34 en 39 jaar oud – Vrydag in hegtenis geneem nadat 'n silwer Micra-sedanvoertuig met ’n halwe beeskarkas onderskep is.
“Inligting is Vrydag omstreeks 07:00 ontvang oor ’n silwer Micra wat vanaf Hochfeld gery het met mense wat naby die plaas opgelaai is. Die spore is tot by die slagplek gevolg waar die bees se kop, nek, rug, ingewande, lewer, hart, blad, ribbes, boud en die vel gevind is,” lui die misdaadverslag.
Die totale waarde beloop N$80 000. Vier verdagtes, buiten die bestuurder, is in hegtenis geneem en sou in die Okahandja-landdroshof verskyn het. Die polisieondersoek duur voort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie