INHUMANE: The Rundu police holding cells are said to be inhumane.
INHUMANE: The Rundu police holding cells are said to be inhumane.

260 in selle vir 100 bedoel

Kenya Kambowe op Rundu
Die polisie se aanhoudingselle op Rundu beskik nie oor 'n seksie vir vroue nie en aangehoudenes moet glo vir hulself op vure kosmaak.

Die gebou is ontwerp om 100 persone aan te hou, maar huisves tans 260. Aangehoudenes slaap volgens bronne in die gange en in storte.

Vroulike aangehoudenes is in 'n vertrek naby die aanklagkantoor ingeprop. Die vertrek beskik nie oor 'n toilet of stort nie.

Die hoof van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, ontken nie die feite nie. Die inspekteur-generaal beskryf toestande in selle as 'n nasionale krisis wat baie wyer as Rundu strek.

Aangehoudenes voel hul regte word ignoreer, selfs al is daar 'n welsynsbeampte by die polisiestasie in diens.

"Wanneer dit reën, staan aangehoudenes wat in die (opelug-) gange slaap regop totdat die reën stop," vertel 'n bron. "Hulle komberse word nat omdat daar nie 'n dak bo die gang is nie; net tralies bo-oor."

Die vervalle toestand van geriewe het glo al tot ontsnappings gelei. Daar is geen grensdraad aan die suidekant van die perseel nie en na bewering is dit maklik om oor die Kavangorivier na Angola te vlug.

"Net verlede week het 'n aangehoudene ontsnap deur vanaf die stasie weg te hardloop," is die Namibian Sun meegedeel. "Hy is gevang toe hy die rivier probeer oorsteek het. Dit het al telkemale gebeur. Meestal is die ontsnappings suksesvol," word beweer.

Opknappingswerk is in 2020 aangekondig, maar die werk is intussen gestaak nadat die kontrakteur glo die pad gevat het.

"Rundu se polisiestasie is 'n klas A-stasie, maar aangehoudenes kook buite vir hulself met vuurmaakhout omdat daar nie gas is nie," is verneem. "Mense is aangestel om vir aangehoudenes kos te maak, maar hulle het besluit om op te hou vir redes net aan hulle bekend en seniors keer 'n blinde oog hierop."

Die polisie se bevelvoerder vir Kavango-Oos, komm. Johanna Ngondo, het navrae na Ndeitunga verwys.

“Rundu is net soos Oshakati, Ongwediva, Walvisbaai, Swakopmund, Katima Mulilo, ensovoorts, ensovoorts," het die generaal gesê. "Al daardie selle is oorvol en wanneer daardie mense so ingedruk word, is daar min ruimte om te beweeg."

Volgens Ndeitunga word die probleem vererger deur die feit dat daar nie spesiale gevangenisse is waar verhoorafwagtendes geakkommodeer kan word nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 25° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 22° | 30° Oshakati: 22° | 27° Ruacana: 18° | 30° Tsumeb: 20° | 24° Otjiwarongo: 17° | 27° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 19° | 29° Henties Bay: 17° | 18° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 18° Mbabane: 19° | 21° Maseru: 17° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 18° | 20° Maputo: 24° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 17° | 21° Durban: 21° | 22° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 19° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!