Benn was 'ons eie Einstein'

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Tragiese fratsongeluk tydens ’n eksperiment met die silinder van ’n luggeweer (BB/Air-gun) om 'n tuisgemaakte vuurpyl te bou, het die naweek die lewe van ’n skrander seun van Windhoek geëis. Die 17-jarige Benn Visser, seun van die Agapé-pastoor Leon en sy vrou, Marié Visser, het Saterdagaand onderweg per ambulans na die hospitaal aan sy beserings beswyk. Benn, wat deur vriende en kennisse op sosiale media as “ons eie Einstein” beskryf is, was ‘n graad 12-leerling verbonde aan Windhoek Hoërskool (WHS).

Die voorval wat sy lewe geëis het, het Saterdag omstreeks 19:00 in Hochlandpark plaasgevind. Volgens ’n verslag deur die Namibiese polisie is Benn in die bors getref deur die gassilinder van ’n luggeweer (BB/Airgun) en het hy onderweg na die hospitaal gesterf.

Benn en ’n vriend, Daniel Joubert (17), was besig met die eksperiment vir die pret en wat volgens Daniel ten minste 20 keer suksesvol verloop het. Die laaste keer het dit egter ’n hewige ontploffing veroorsaak waartydens die gassilinder Benn se regtervinger getref en gebreek en hom ook in die bors getref het. Daniel het ligte beserings opgedoen en is bo sy linkeroog getref.

Volgens die polisie is die twee seuns na die Lady Pohamba Private Hospitaal vervoer, met Benn wat onderweg gesterf het.

Intussen het WHS in ’n verklaring op hul Facebookblad gesê die skool en sy leerlinge is “gebroke en verwoes” deur die skrander leerling se dood.

“Benn was ’n pragtige, Godvresende kind wat oorgeloop het van potensiaal. Ons het geen woorde wat die pyn van die verlies van ’n kind waardig is nie,” lui die plasing.

Buiten vir sy ouers word hy ook oorleef deur sy broer Schalk. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!