Besetters op Uis verwyder
Die polisie moes die naweek inspring om besetters van die perseel van die Daure Daman Tradisionele Owerheid op Uis te verwyder. Die 30 gemeenskapslede is ingevolge ‘n hofbevel van die perseel verwyder, terwyl twee mans ook in hegtenis geneem is.
Gemeenskapsaktivis Jimmy //Areseb (29) en Ringo /Huseb (34) is in hegtenis geneem en het op aanklagte van dwarsboming van die gereg en dat hulle die polisie daarvan weerhou het om hul pligte uit te voer, in die landdroshof op Omaruru verskyn. Albei is op borgtog van N$2 000 vrygelaat.
Die protes op die dorp het in Desember begin borrel toe inwoners van die dorp buite die hekke van die tradisionele owerheid begin kamp het. Volgens hoofman Zacharias Seibeb was hy op ‘n amptelike besoek aan die Zambezistreek, toe die betogers op 18 Desember die kantoor van die tradisionele owerheid oorgeneem, slotte beskadig en ook enige verdere toegang tot die kantoor geweier het. Seibeb het toe reeds die hoërhof vir ‘n hofbevel genader om die betogers te laat verwyder. Die hofbevel sonder 26 individue uit, met //Areseb en /Huseb wat nie in die bevel genoem word nie.
Seibeb sê die betogers het toegang tot die kantoor vir beamptes van die grondraad asook die ministerie van myne en energie belemmer. “Ons kon nie by die kantoor inkom nie,” het hy gesê.
Seibeb sê die protes volg op byna vier jaar se pogings om hom as hoof te verwyder. Volgens hom word hy onder meer van wanbestuur en selfverryking beskuldig, maar is hy onskuldig.
Die klagtes het ook by die minister van stedelike en landelike ontwikkeling gaan draai wat ‘n ondersoek van stapel gestuur het. Die uitkoms van die ondersoek is nog nie bekendgemaak nie.
“Die ministerie het ‘n ondersoekspan gestuur en vrae gevra oor viskwotageld, geld vanaf die Chinese en trustgeld, ‘n klomp goed. Ons tradisionele owerheid het nie ‘n viskwota nie. Ons het net drie bankrekeninge - twee by Standard Bank op Omaruru, en een by die plaaslike Nampost omdat dit ons tot N$1 000 kos om Omaruru toe te gaan om by die bank daar geld te trek. Die Standard Bank-rekeninge is vir brandstof en die trustfonds. Ek het geen tekenregte vir enige van die rekeninge nie. Ek het dit alles in ‘n brief vir die beamptes van die ministerie uiteengesit. Ek kry nie geld by die Chinese nie. Hulle (Xinfeng) betaal elke maand N$10 000 in ons trustrekening,” het hy gesê.
Die Chinese litiummynbouer Xinfeng Investments is in November verlede jaar deur die ministerie van myne en energie gedwing om beweerde ontwettige mynbou buite Uis stop te sit. Volgens Seibeb is die sowat 160 werknemers wat daarna huis toe gestuur is, nie van Uis afkomstig nie.
“Die mense hier is gesê hulle moenie daar gaan werk nie, omdat die myn onwettig is,” sê Seibeb.
“Die hele probleem het met die mynbou begin. Later is besluit die tradisionele owerheid is deel van die ‘geld eet’ en hulle wil my nie meer langer as hoofman hê nie, hulle soek iemand anders. Hulle moet my uit kry, want hulle wil nie met my praat nie.”
Seibeb was gister van plan om vandag met die beswaarde lede van die raad te praat.
//Areseb het intussen by navraag gesê sy borgtogvoorwaardes verhoed dat hy die vergadering bywoon. Die gemeenskap sal egter teenwoordig wees, met die beswaarde groep wat ook daarop aangedring het dat die goewerneur van die streek, asook beamptes van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling die vergadering bywoon.
Volgens Nampol se hoofwoordvoerder, adj. komm. Kauna Shikwambi, duur die ondersoek van die klag van onwettige mynbou voort. “Die saak is geopen en die beamptes ondersoek dit steeds,” het sy gister bevestig. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie