Elke klag is ernstig, sê polisie
Die Namibiese polisie het in reaksie op ’n onlangse Afrobarometer-opname oor die publiek se mening oor die polisiemag in Namibië gesê hulle neem klagtes teen die polisie ernstig op.
“Wanneer sake teen die polisie aanhangig gemaak word, hetsy dit een, tien of honderde is, is dit ’n aanduiding dat daar onvanpaste en onprofessioneel elemente onder polisiebeamptes is en dit is elemente wat die bestuur voortdurend takel sodat professionalisme onder ons beamptes herstel word,” het die polisie se woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê.
Sy het ook gesê daar was ’n merkbare afname in die aantal sake teen die polisie oor die afgelope jare.
“Een saak wat teen die polisie aanhangig gemaak word, is een saak te veel, daarom poog ons as ’n organisasie om voortdurend te verbeter deur ons beamptes se kennis van ons polisiekode, -etiek en gedragskode op te skerp asook om bevoegdheid te bevorder deur die implementering van strategie en opleiding vir die publiek te onthalwe,” het Shikwambi gesê.
Sy het egter gesê die polisie se strewe na professionele gedrag is nie belangriker as die polisie se mandaat nie.
“Daar moet egter opgelet word dat wanneer die polisie die nodige mag gebruik om hul pligte suksesvol uit te voer, dit nie as onprofessionele optrede beskou kan word nie. Die goeie optrede van die beamptes, weeg swaarder as die slegte. Daar is baie suksesse in ons pogings om misdaad te voorkom, wat die opsporing en ondersoek van misdaad insluit,” het Shikwambi gesê.
Polisielede word volgens Shikwambi aangemoedig om so professioneel as moontlik op te tree.
“Die gebruik van onnodige geweld en/of geweld tydens enige misdaadvoorkomingsoperasies teen lede van die publiek of die polisiebeamptes word ontmoedig en uittarting en onregeerbaarheid sal geen doel tussen die publiek en die polisie dien nie,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie