Geen foto’s maak opsporing moeilik
Vyf nog op vrye voet ná ontsnapping
Sommige polisiekantore neem glo nie foto's van aangehoudenes nie, wat dit moeilik maak om 'n verdagte wat uit aanhouding ontsnap, weer op te spoor.
Die polisie sê dit het ’n interne beleid wat foto’s van aangehoudenes vereis, veral van diegene wat ernstige oortredings begaan het en verhoorafwagtend is.
Die werklikheid is egter dat sommige polisiekantore nie dié prosedure volg nie, wat dit moeilik maak om ’n verdagte wat uit aanhouding ontsnap, weer op te spoor.
Die direktoraat vir misdaadondersoeke het vroeër bekend gemaak dat daar sedert 2019 altesaam 970 pogings was om te ontsnap. Van hierdie pogings is 690 gevangenes terug agter tralies, terwyl die res nog gesoek word.
BRON
Verlede maand het 11 gevangenes daarin geslaag om uit die moderne aanhoudingselle van die polisiekantoor op Omuthiya te ontsnap, waarvan ses weer in hegtenis geneem is.
’n Bron in die Oshikoto-polisie sê egter hulle sukkel om die ander vyf weer vas te keer aangesien daar nie foto’s van die verdagtes beskikbaar is nie.
Danksy die hulp van die gemeenskap kon van die ontsnaptes weer in hegtenis geneem word, maar weens die gebrek aan foto’s lei dit dikwels tot ’n situasie waar leidrade opgevolg word wat ’n “mors van tyd en hulpbronne” is.
“Aangesien die polisie desperaat is om die misdadigers weer agter tralies te kry, volg hulle enige leidraad op.
“Wanneer die beamptes by die betrokke plek aankom, ontdek hulle dat die mense of die persoon nie die verdagte is waarna hulle soek nie.
“Dit lei tot ’n vermorsing van tyd en hulpbronne wat verhoed kon word as foto’s van die gevangenes geneem is,” het die bron verduidelik.
As die verdagte egter ’n teenwoordigheid op sosiale media het, kan hul foto’s in dié geval gebruik word om hulle op te spoor en weer in hegtenis te neem.
STANDAARDPRAKTYK
Die polisie se adjunk-inspekteur-generaal vir administrasie, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het by navraag gesê dit is standaardpraktyk vir ondersoekbeamptes en speurders om foto’s en vingerafdrukke van verdagtes te neem, veral van diegene wat met ernstige misdade verbind kan word.
“Dis algemene standaardpraktyk en eintlik ’n interne beleid, dat ondersoekbeamptes en speurders verdagte persone se foto’s en vingerafdrukke moet neem die oomblik wanneer hulle in hegtenis geneem word.
“Dit geld veral vir dié verdagtes wat vir ernstige misdade vasgekeer is, insluitend verkragting, moord, veediefstal en inbrake,” het Nainda verduidelik.
“Die hoofrede is omdat ons só seker maak daar is ‘n akkurate identifikasie van die persoon vir toekomstige hofverrigtinge.
“Ons kan natuurlik nie iemand se identiteitsdokument hiervoor hou nie en dit moet ook die jongste foto van die verdagte wees.
“Ons doen dit ook sodat wanneer die persoon ontsnap, nie aan sy borgtogvoorwaardes voldoen nie of nie by ’n hofverskyning opdaag nie, dit makliker is om die foto’s te sirkuleer en hulle op te spoor of weer in hegtenis te neem.”
Met verwysing na diegene wat by Omuthiya ontsnap het, het Nainda gesê dat foto's van die verdagtes onmiddellik versprei is en wat gelei het tot die vinnige arrestasie van ses.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie