Drie mense het glo oor die jare in die Guinasmeer verdrink, maar hul liggame is nooit gevind nie. Foto slegs vir illustrasiedoeleindes. Foto: Matthias Küchmeister
Drie mense het glo oor die jare in die Guinasmeer verdrink, maar hul liggame is nooit gevind nie. Foto slegs vir illustrasiedoeleindes. Foto: Matthias Küchmeister

Guinasmeer: Geen teken van tiener se liggaam

Familie desperaat vir antwoorde
Alhoewel dit nie bewys is nie, word geglo dat Namibië se twee mere - Guinas en Otjikoto - deur 'n ondergrondse grottestelsel verbind is.
Tuyeimo Haidula
Drie weke nadat ‘n leerling in die Guinasmeer verdrink het, soek die Namibiese Polisie steeds na sy liggaam, terwyl sy familie desperaat is vir antwoorde.

O’Linn Nauyoma (16), ’n leerling van die Etosha Sekondêre Skool, het na bewering verdrink terwyl hy op ’n skooltoer was. Hy is die derde persoon wat in die natuurlike meer verdrink het. Die polisie se streekbevelvoerder vir Oshana, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, sê hoewel die soektog verskerp is, het hul pogings tot op hede nog niks opgelewer nie.

Die polisie het van Nauyoma se verdrinking tydens 'n jaarlikse duikoefening by die Otjikotomeer - sowat 30 kilometer verder - gehoor en is ontbied om te help, het hy Sakaria gesê. Nauyoma het glo op 8 September omstreeks 15:00 verdrink terwyl hy op 'n skooluitstappie deel van die leerlingraad se opleiding was.

Luidens ’n polisieverslag het Nauyoma saam met ’n vriend in die meer geswem toe hy verdrink het.

“Guinasmeer is 'n geheimsinnige meer met baie verhale, insluitend oortuigings dat dit 'n bodemlose put het en met ander waterbronne verbind. Tot op hede het ons drie mense wat in die meer verdrink het en [hul liggame] is nooit teruggevind nie,” het Sakaria gesê.

Volgens die streekbevelvoerder het die polisie verskeie duikpogings uitgevoer op soek na die tiener se liggaam, "maar die onderwater topografie is moeilik, met die grotstelsel wat vanuit verskillende hoeke buig en wat dit moeilik maak vir liggame om na die oppervlak te kom".

“Ons hoop is dat die lyk gevind sal word. Ons het al die duikpogings uitgevoer wat ons kon,” het Sakaria bygevoeg.

Die Guinasmeer is die grootste natuurlike meer in Namibië met 'n diepte van 130 meter en 'n oppervlakte van 6 600 vierkante meter. Dit het 'n breedte van 59 meter en 'n lengte van 120 meter. Geleë op die D3031-grondpad tussen Otavi en Tsumeb, is die meer baie jare gelede gevorm nadat 'n karstgrot ineengestort en met water opgevul het. Daar word geglo - maar is nie bewys nie - dat die meer deur 'n ondergrondse grottestelsel met die Otjikotomeer verbind is. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...