Herrie oor NCS se kortlys
’n Politieke party het sy kommer uitgespreek oor die beweerde etniese uitsluiting op die kortlys van kandidate vir 200 poste wat die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) Dinsdag vrygestel het.
Dié kandidate is uit 15 867 gekies nadat hulle verlede week aan fisieke evalueringstoetse onderwerp is. Die kandidate lê sedert gister geskrewe toetse af.
Voorkeur vir die poste word ook aan mense wat aan sekere sportkodes deelneem, blaasorkesspelers en vragmotorbestuurders gegee.
Die sekretaris-generaal van National Unity Democratic Organisation (Nudo), Josef Kauandenge, sê dit is duidelik dat meer as 97% van die name op die kortlys net een etniese groep in die land verteenwoordig.
“Ons wil verstaan hoe dit moontlik is dat uit 260 name op die kortlys, minder as 1% vanne het wat die diversiteit van Namibië – streeknedersettings in ag geneem – weerspieël?
“Dit is ontstellend en dit spreek duidelik van etniese uitsluiting van die hoogste graad,” skryf hy.
Hy noem die uitkoms van die keuringsproses ’n klap in die gesig van die leerstelling van “een Namibië, een nasie”.
Kauandenge sê Namibië ly onder hoë werkloosheid onder die jeug en dat dit kommerwekkend is om min jong mense met vanne wat nie uit die Noorde kom nie, op die kortlys te sien.
Hy het op ’n verduideliking aangedring.
Talle het op die korrektiewe dienste se Facebookblad kommentaar gelewer om die NCS ook van korrupsie beskuldig en daar was talle klagtes dat die kortlys net name van een stam bevat.
NCS se woordvoerders het gesê ’n amptelike verklaring sal uitgereik word.
Intussen het kommissaris Michael Mulisa, NCS se hoof van sentrale personeel, gesê die kortlys wat Dinsdag vrygestel is, is net vir die Khomasstreek.
“Elke streek en elke fasiliteit het sy eie lys,” brei hy uit.
Volgens hom het die menslike hulpbronne-afdeling by die NCS sedertdien die lyste saamgestel en altesaam 745 kandidate kan landswyd die geskrewe toetse aflê.
“Ek het die mediaverklaring gesien en ek het dit gelees. Ons werk daaraan om op daardie bekommernisse te reageer,” voeg hy by.
Intussen is die slaagsyfer vir die geskrewe toetse gister vanaf 70% tot 50% verlaag. Kandidate met ’n 50%-slaagsyfer keer die volgende dag vir die finale mondelinge eksamen terug.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie