WANTED: Fugitive, Nico Hijendepi Rebebe.
WANTED: Fugitive, Nico Hijendepi Rebebe.

Interpol soek die voortvlugtende Rebebe

Kenya Kambowe
Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunkkommissaris, Kauna Shikwambi het bevestig die internasionale polisie-organisasie (Interpol) soek ook na die voortvlugtige Nico Hijendepi Rebebe wat verlede maand glo miljoene by Bank Windhoek gesteel het.

Die Namibiese polisie wat al meer as ‘n maand na Rebebe soek, het steeds geen leidrade wat tot sy in hegtenisname kan lei nie. Die vermoede bestaan dat hy na Angola gevlug het.

"Daar is nog geen leidrade nie," het Shikwaambi bevestig.

“Alle verdagtes wat gesoek word, word plaaslik en internasionaal gesirkuleer, laasgenoemde deur Interpol. As hy opgespoor word waar hy ook al is en die land het ‘n uitleweringsooreenkoms met Namibië, kan die nodige reëlings dienooreenkomstig getref word,” het Shikwambi verduidelik.

Rebebe wat as administratiewe klerk by Bank Windhoek se tak op Opuwo werksaam was, het na bewering op 13 Januarie probeer om N$200 miljoen te steel wat hy in verskeie bankrekeninge inbetaal het.

Rebebe self het glo N$500 000 in kontant saam met hom gevat voordat hy gevlug het. Agt mense is intussen in hegtenis geneem nadat hul bankrekeninge deur Rebebe gebruik is om meer as N$2 miljoen van die gesteelde geld in oor te plaas. Die agt mense, waarvan twee mense in Opuwo in hegtenis geneem is en ses ander in Rund, is werk belowe en opdrag gegee om bankrekeninge te open.

Nadat sy ‘werknemers’ die rekeninge geopen het, het Rebebe glo op hul bankkaarte beslag gelê. Hy het toe N$500 000 in die rekeninge van Joao Limbo Joseph, Kamberuka Mukoso Lukas en Lukas Ihemba, en N$200 000 elk in Mathias Mukuve Kanyanga, Daniel Kusumwa Goncalves en Linyando Kandjimi se rekeninge betaal.

Twee weke gelede het Namibian Sun berig oor die Rundu-gemeenskapsaktivis Frans Moyo wat ‘n beroep op die staat gedoen het om dié mense vry te laat. Volgens Moyo is die verdagtes slagoffers wat deur Rebebe gebruik is. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!