Kanime tree af

Tanja Bause
Jemimah Ndebele – Die hoof van die Windhoekse stadspolisie, superintendent Abraham Kanime, het Vrydag amptelik afgetree.

Hy het Namibië se enigste munisipale polisiemag sedert sy stigting in 2001 gelei. Hy was ook een van die stigterslede van die stadspolisie.

“My aftrede vandag sluit my 42 jaar lange loopbaan in openbare veiligheid en sekuriteitsdienste af. Ek is vol vertroue ek het alles in my vermoë gedoen,” het Kanime gesê.

“Ek het hierdie metaforiese skip, genaamd die stadspolisie, deur kalm en rowwe waters bestuur. Ek het ’n pad gebaan om te verseker dat ek vorentoe ’n stewige fondament gelê het.”

Die waarnemende uitvoerende hoof van Stad Windhoek, Faniel Maanda, het by die seremonie Kanime se prestasies en bydraes tot die polisie geprys.

“Die hoof van die stadspolisie was ’n uitstaande leier, en sy toewyding was ongeëwenaar. Hy het die mag vir meer as 20 jaar met lof gedien,” het Maanda gesê, wat aangekondig het dat adjunkhoof Leevi Ikela tydelik as hoof van die stadspolisie sal waarneem.

Kanime het ook sy kollegas bedank vir hul ondersteuning en harde werk oor die jare.

“Ek het ’n uitmuntende span geskep wat sal verseker dat die nalatenskap van die stadspolisie net verder sal groei. Dit kan nie geërf word nie, en kan ook nooit gekoop word nie.

“Ek het hierdie ouderdom bereik deur deursettingsvermoë, wat die fundamentele hoeksteen is om te verseker dat hierdie stad die veiligste stad bly vir diegene wat daarin woon,” het Kanime gesê voordat hy vir die laaste keer gesalueer het.

Verder was die aftreeparade ’n gepaste huldeblyk aan ’n uitstaande offisier, ’n man wat met lof en eer gedien het, en wat ’n onuitwisbare stempel op Windhoek se stadspolisie gemaak het. Vir Kanime was dit ’n dag om te onthou, en vir die offisiere wat saam met hom gedien het, ’n dag om sy prestasies te vier.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!