Kerkman weer op vrye voet
Beweerde poging tot verkragting van tienjarige
Die profeet en gospelsanger wat na bewering verlede maand ’n tienjarige seun in die huis van die hoofpastoor van ’n kerk in Otjomuise probeer verkrag het, is die afgelope naweek uit aanhouding vrygelaat nadat owerhede glo versuim het om hom hof toe te vat.
Die vermeende verkragter is glo Donderdag in hegtenis geneem nadat hy vir ’n maand nie opgespoor kon word nie. Volgens owerhede by die polisiekantoor is hy Saterdag vrygelaat nadat “sy tyd in aanhouding verstryk het”.
Ingevolge die wet moet vermeende oortreders binne 48 uur aangekla word en voor ’n landdros verskyn.
Volgens die ondersoekbeampte, sersant Alex Naobeb, is hy op Vrydag 6 Oktober op een klag van poging tot verkragting aangekla.
“Hy is by die Katutura-polisiekantoor aangehou en later na Wanaheda se aanhoudingselle oorgeplaas. Die polisiekantore is verantwoordelik daarvoor om verdagtes betyds vir hofverskynings na die hof te neem,” het Naobeb gister aan Republikein gesê.
Hy sou na verwagting Vrydag vir die eerste keer in die Katutura-landdroshof verskyn het, maar is na bewering nie daarheen geneem nie. Amptenare by die hof het bevestig dat hy nie Vrydag of Maandag verskyn het nie.
Die hoof van die ondersoekeenheid vir geslagsgebaseerde geweld (GBV), adjunkhoofinspekteur Christiana Simaho, was nie bereid om kommentaar te lewer nie en het navrae na die polisiewoordvoerder verwys.
Hoewel ’n woordvoerder van die Namibiese polisie hom voorgeneem het om terugvoering te gee, het hy nie voor druktyd op navrae gereageer nie.
AGTERGROND
Volgens die vermeende slagoffer se familie het die tienjarige seun by die kerk se hoofpastoor se huis oorgeslaap toe die profeet – wat by die pastoor se huis gebly het – na bewering gedurende die aand vir die seun gesê om by hom te kom slaap.
“Hy het sy broek afgetrek en iets gesmeer. My seun het wakker geskrik. Die profeet het vir hom gesê om stil te bly,” het die seun se ma aan die koerant gesê.
Die ma het ’n paar dae later ’n klag teen die man aanhangig gemaak. Die seun het ook ’n verkragtingstoets ondergaan en sy beserings is aangeteken.
Volgens die gesondheidswerker se notas wat aan Republikein verskaf is, was die seun se anale sfinkter gevoelig, maar nie geskeur of ernstig beseer nie.
Sy ma sê egter dat hy steeds pyn verduur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie